Verified Reviews
George
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in George
Rated 4.7 out of 5 based on 1706 reviews.
"Een van ons gunsteling vakansiebestemmings. Sal enige tyd, keer op keer terugkeer."
"Blanco is lekker naby aan die lughawe en die Redberry farm, maar is effens ver as jy dorp toe wil gaan veral omdat die groot mall aan die ander kan van George is. Baie mooi area met groot bome en stil en rustig. Pragtige krismisrose groei al langs die pad langs huise se buite mure soos wat mens inry dorp toe. "
"It's delightful and we will always consider it in the future as a destination."
"George is 'n fantastiese plek. Ons was al baie daar en beplan om weer en weer terug te gaan. Dis sentraal geleë op die Tuinroete en het baie om te doen en te sien. Dit bied ook al die geriewe van die groot stad, maar met 'n plattelandse atmosfeer."
"Beautiful venue. Horrible service. As it's clear new holiday goers don't get treated the same as their long standing "20 year clients"."
"Heroldsbaai kort net 'n ordentlike Spar en moontlik nog so 2/3 uiteet-plekkies... sodat dit nie nodig is om na George te gaan vir inkopies nie."
"Heroldsbaai is 'n GREAT vakansie bestemming. Danke Ma is op 'n UITSTEKENDE ligging geleë."
"Ongelooflik mooi en stil. Na ons besoek verlede week is ek verbaas oor die aantal vakansie-oorde! "
"Baie sentraal in die opsig dat mens maklik by ander bestemmings/oorde kan uitkom MITS jy eie vervoer het. Vir iemand sonder eie vervoer is dit nogal "afgesonder" in die sin dat daar nie geriewe soos 'n supermark naby is nie."
"As jy van treine/ou motors hou besoek die Outeniqua treinmuseum en bespreek vir jou plek op die Powervan om teen die asemrowende berge rondom George op te ry en te gaan piekniek hou."
"Ek geniet Heroldsbaai baie. Die natuurskoon is wonderlik, die staproetes is pragtig, die strand is pragtig. Al wat ek sou verander, is om al daardie reuse vakansiehuise terug te wil verander na die pragtige, eenvouding, nostalgiese huise van die vorige generasie. "