Verified Reviews
Graaff-Reinet
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Graaff-Reinet
Rated 4.5 out of 5 based on 1358 reviews.
"Ons het opgery na die uitkykpunt oor die Vallei van Verlatenheid in die natuurbewaringsgebied. Was absoluut pragtig, moeitewerd-uitstappie!"
"Ons het Graaff-Reinet baie geniet aangesien ons al voorheen daar was. Vriendelike Afrikaanssprekende mense. Dankie, ons kom weer."
"Die dorp het daarin geslaag om oor die jare sy karakter te behou deur erfenisgeboue pragtig in stand te hou. Beslis 'n besoek werd."
"Pragtige, skoon dorpie wat nie genoeg raakgesien word nie. Sal definitief 'n dag of twee daar kan bly om al die pragtige plekkies te verken. Dit was net 'n teleurstelling dat ons net by die Spur kon aandete geniet. Die duurste ete vir ons hele vakansie."
"Sal graag in die toekoms langer wil vertoef om meer van Graaff-Reinet te siene te kry."
"Keep meaning to stop for longer and do all the wonderful things available in the area, next time!"
"Graaff-Reinet is 'n pragtige dorp wat die 6de oudste dorp in Suid Afrika is. Die guise in geboue is pragtig en jy kan sien dat die eienaars hul bes probeer om dit so te hou. Ongelukkig lyk dit of bendes besig is om oor te neem en bende tekens word oral op die geboue en monumente gespuitverf. Ons het nie baie veiling gevoel om deur die strate te loop nie, alhoewel die besoek aan die "Valley of Desolation" buite Graaff-Reinet in die natuur reservaat die hoogtepunt van ons besoek aan Graaff-Reinet was."
"Ideale oornagpunt vanaf Gauteng oppad na George - voordat mens die lang pad na Willowmore aandurf."
"Pragtig. So baie ou geboue, meeste mooi gerestoureer. Vat 'n mens terug in die geskiedenis en wonder hoe dit was om in 1823 daar te bly. Natuurskoon, berge, asemrowend. Meeste mense is baie vriendelik. Baie buitelanders wat kuier."