Verified Reviews
Great Brak River
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Great Brak River
Rated 4.7 out of 5 based on 404 reviews.
"Dit was heerlik stil met 'n heerlike vakansie-atmosfeer. Nie die oorvol strande, bv. Hartenbos nie."
"Groot-Brakrivier is 'n lekker punt om te bly tussen die omliggende dorpe. Ons het elke dag iets anders gesien sonder om ver te ry."
"Dit is die skoonste dorp wat ons in 'n lang tyd gesien het. 'n Baie rustige dorp met geen swaar verkeer nie. Die mense in die besighede is vriendelik. Die Klipheuwel was 'n bonus. Wonderlike kos en gebak."
"Het verlede jaar in George en Mosselbaai rondgekyk om te koop en te bou en uiteindelik in Groot-Brak opgeland en is nogals verlief op die area."
"Groot verskydenheid van plekke om te besoek, beleef en deel te maak van enige kuier aan die kus. Ook glad nie ver van George of Mosselbaai en waar 10 Elf Beach House loop afstand is van die strand."
"Gaan besoek gerus Twin Trees Waffle House in Langstraat. Ons is gasvry ontvang en die atmosfeer is fantasties."
"Lekker trefafstand van die Kaap af met klein kindertjies. Goeie areas vir ouers met kinders om te geniet."
"Nice place with loads of restaurants and pubs to consider and very close to the beach. It's also a short way from Mossel bay so I'd be happy to stay there again."
"Die Spar, De Dekke setrum en wassery is goed geleë naby die gastehuis. Besoek gerus die ander plekkies in en om die area, bv. die Rococo Chocolaterie, die Kleine Loerie Bakkery en die Boplaas-wynstal by Klipheuwel op die R102 naby Kleinbrak."