Geverifieerde Resensie
Great Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Great Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 2765 resensies.
"Die mense in Beaufort-Wes maak die dorp nog meer spesiaal. Almal is vriendelik en ongelooflik behulpsaam! 4 Sheep is 'n moet-stop vir heerlike ete en oulike winkel waar jy van lekkerny tot skaapkoppe kan aanskou! Joe's Diner by die Savoy neem mens terug na die ou dae en Donkin Deli se ontbyt is hoogs aan te beveel. Beaufort-Wes is ALTYD 'n hoogtepunt op ons reis van die Kaap na die binneland en terug!"
"Ons het Beaufort-Wes besoek omdat ek daar grootgeword het. Ek was geskok dat die middedorp so verval het. Misdaad is aan die orde van die dag! Die omgewing waar ons tuisgegaan het was egter goed versorg en ons het daar veilig gevoel! Die Karoo in die groot geheel het nie sy bekoring verloor nie! Ek sien uit na ons volgende besoek!"
"Beslis 'n toeristebesoek werd. Gasvryheid oral waar ons aandoen en altyd 'n welkome stilhou-bestemming. Die ideale stop vanaf of op pad Kaap toe."
"Pragtige dorpie vir 'n wegbreek naweek. Daar is werklik iets vir almal om te doen. Ons het veral die "ghost walk" baie geniet."
"Swartbergpas 'n belewenis. As jy by padveiligheid hou is daar niks te vrees nie. Sou graag langer wou bly om Prins Albert meer te verken. Ons sal beslis terugkeer om Prins Albert en omgewing beter te wil leer ken."
"Definitely visit the Waterwiel Bakerei, authentic Karoo baked goods and small meals. Delicious!"
"A place everyone needs to visit and spend time in. Historical in many aspects and an amazing destination. The people are amazing in every way!"
"Pragtige plekkie met gawe mense. Swartberg Hotel het lekker kos. The Ruud Chef ook heerlike kos, net jammer hul bedien nie ontbyt."
"A good place to sleepover on your way to Cape Town. Not much to do there. People of Beaufort West are friendly."