Geverifieerde Resensie
Great Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Great Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 3446 resensies.
"Mooi skoon dorpie met vriendike mense. Berge pragtig en omgewing. Swartberpas was 'n belewenis om uit te ry."
"Ons het nie alles kon besigtig nie, die toeriste informasiekantoor was toe, maar die mense in Prins Albert is fantasties."
"Goeie dorp vir oornag vanaf JHB/PTA na Kaap en baie opsies vir verblyf. Die dorp self is verwaarloos en vuil en loop oor van bedelaars. Winkels is aanvaarbaar as jy verby die bedelaars kan kom. Goeie vulstasies, veral Caltex en Engen het skoon toilette en lekker wegneemkos."
"Ek sa graag meer wil sien van Prins Albert. Dit was vir my 'n oornagstop op 'n langer reis."
"Pragtige dorp en heerlike toerismebestemming in Karoo. Krediet aan die plaaslike munisipaliteit wat die belangrikheid van toerisme verstaan."
"Ek dink die mense in die dorp is nie baie vriendelik nie. Ek het my verblyf geniet. Ons was by die mark op die dorp en mense het ons net aangestaar, glad nie behulpsaam nie."
"Ons het net oorgeslaap, op pad Kaap toe vanaf Johannesburg. Die dorpie is oulik, klein en skoon. Die tyd van die aand wat ons gearriveer het, was daar ongelukkig geen toeriste-attraksie oop nie, kan dus nie veel kommetaar daarop lewer nie. Sal ongelukkig nie die Spur in Beaufort-Wes aan enige iemand aanbeveel nie."
"Mal oor Prins Albert en probeer altyd daar oornag op pad na ons kinders in die Kaap. "
"Mense is deurgaans vriendelik, ons het die ontspanne, gasvrye atmosfeer geniet, en vir 'n Johannesburger was dit vreemd, maar lekker om in die strate te kon stap en heel veilig te voel. Die netheid van Prins Albert het ons ook opgeval."
"By 'n vorige geleentheid het ons die historiese toer per donkiekar gedoen wat een van die beste dinge was tydens ons vakansie. Iets wat ons definitief kan aanbeveel."
"Dis lekker om te sien hoe mense sukses maak van ou plekkies met 'n heel moderne gevoel en gerief. Inspirerend."