Verified Reviews
Hartenbos
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Hartenbos
Rated 4.8 out of 5 based on 402 reviews.
"Heerlike plek. Word sterk aanbeveel vir vakansie buite seisoen."
"As iemand wat in Hartenbos groot geword het, was hierdie nou my eerste keer weer daar na al die veranderings. Die nuwe seefront is nie so lekker soos die ou een nie. Alles is meer moeite om by uit te kom. Dinge is nie so toeganklik soos altyd nie. En die pretpark se pryse is belaglik. Betaal om in te gaan en dan betaal vir elke ding wat jy wil doen. Ons is dus Diaz toe vir vermaak vir die kinders. Maar dit bly mooi en lekker. "
"Hartenbos is the perfect holiday destination, with the beautiful sea views, sea temperatures were perfect to swim in, friendly people. "
"Was heeltemal te besig oor Desember vir ons. Sukkel met parkering, plek in restaurante en dies meer. Jong mense geniet hulle egter gate uit. "
"Hartenbos is van kindsbeen af die aangenaamste vakansie-oord en ek beveel dit graag aan al my vriende en kollegas."
"Hartenbos kan dalk oorweeg om vir die hele Desember vermaak en stalletjies beskikbaar te stel en nie net vir die 2 tot 3 weke wat dit spitstyd is nie. Verblyf is beperk en nie almal kan in die spitstyd daar wees nie a.g.v. verblyftekorte. "