Verified Reviews
Hartenbos
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Hartenbos
Rated 4.8 out of 5 based on 825 reviews.
"Sal definitief weer daar gaan vakansie hou. Baie mooi skoon dorp, paaie is netjies en skoon."
"Dit is al vir meer as 25 jaar my eerste keuse van vakansie en nog altyd bekostigbaar en vriendelike ervaring deur die jare."
"So baie om te sien en doen in en rondom Hartenbos - geen verveelde tieners of klein kindertjies nie. Maar vriendelike waarskuwing: spaar, spaar en spaar. Alles behalwe swem in die see kos geld, en daar is te veel goed om te noem waarop daai geld spandeer kan word. Nie 'n rustige vakansie bestemming nie."
"Kuier baie in Mosselbaai omgewing, dit was ons eerste keer in Hartenbos. Aangenaam verras!"
"Dit is nie meer die ou Hartenbos nie, van sy bekoring het verlore gegaan met al die ontwikkeling. Nog steeds was die strand 'n treffer en geniet 'n mens die skoon ongereptheid daarvan."
"Ons hou al vir jare vakansie in Hartenbos en sal vir seker aanbeveel."
"Vir ons wat lief is vir die natuur en woonagtig is in Kaapstad, is dit kwartaalliks 'n ongelooflike lekker wegbreek bestemming."
"Ek sou eintlik vir Hartenbos meer as vyf sterre wou geen. Wat 'n skoon, moderne vakansievriendelike dorp!"
"Sal enige tyd hier kom aftree. So rustig en skoon omgewing. Net naby genoeg aan die see en vermaaklikhede, maar ook uit die woel van Desembermaand se vakansiegangers. "
"Dink die uitbreidings is 'n baie groot verbetering. Het verskillende restaurante en winkels baie geniet."
"Baie mooi omgewing. Ons dink alweer aan ons volgende besoek daar. Sal baie graag weer wil gaan as dit enigsins moontlik is. "