Verified Reviews
Hartenbos
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Hartenbos
Rated 4.8 out of 5 based on 825 reviews.
"Hartenbos is a good place to start from to do some trips, but if you are not into wine tasting, a day or 3 is the maximum time you have to spend here."
"Uitbreiding aan nuwe infrastruktuur, was aangenaam verras. Vriendelike diens ontvang."
"Dit bly maar 'n gewilde plek om bietjie te gaan ontlaai. Hartenbos en Mosselbaai is pragtig skoon. Jy sukkel om 'n papier of blik te sien wat rondlê. Doen asseblief so voort!"
"Het nie kans gehad om te verken nie, maar sal graag daar 'n paar dae wil oorbly om te sien wat daar aangaan."
"Familie vriendelik. Die travel-n-biki daar het ons ook mooi gehelp om twee spesiale uitstappies te reël en doen."
"Pragtige see vakansie-bestemming met baie om te doen. Vriendelike mense en kuier altyd heerlik."
"'n Plek vir jonk en oud om vakansie te gaan hou. Vriendelike mense en 'n baie lekker strand."
"Hartenbos is die beste vakansieplek. Skoon omgewing en vriendelike diens orals."
"Ons gaan al vir die afgelope 9 jaar Hartenbos toe in die Junie/Julie skool vakansie. Dis 'n baie lekker vakansie plek. Dis net jammer dat die atmosfeer nou bietjie verander het vandat die mall daar is en die pretpark verander het. Daar is nie nou meer veel vermaak vir die kinders nie."
"Te min tyd gehad om bietjie rond te beweeg. Dit lyk egter na 'n lekker plekkie om vir 'n paar dae oor te bly. Sal oorweeg om langer te bly volgende keer."