Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Verified Reviews

Hibiscus Coast

All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Hibiscus Coast

Rated 4.3 out of 5 based on 3961 reviews.

Uvongo, Hibiscus Coast

Driftsands Sea Front 10

"Alles is vir my op standaard. Wonderlik."

Leisure Bay, Hibiscus Coast

766 On Bournemouth

"Heerlike vakansiebestemming en lekker atmosfeer."

Ramsgate, Hibiscus Coast

Villa Montrose

"Ramsgate se 2 strande is baie toeganklik en het baie spasie wat voorsiening vir enige tipe reisiger maak. Daar is 'n paar eetplekke en word verseker aanbeveel."

Margate, Hibiscus Coast

Bondi Beach Unit C

"Peak season is too hectic around the area. The beaches are overfull and the roads are extremely busy."

Ramsgate, Hibiscus Coast

Fascadale Heights no 3

"Ramsgate bly een van die Suidkus se top vakansiebestemmings!"

Ramsgate, Hibiscus Coast

Appledore Lodge

"Ramsgate is die ideale bestemming vir 'n rustige Suidkus-vakansie. Die 'Waffle House' bly 'n groot trekpleister en alle winkelfasiliteite en ander toeristebesienswaardighede (soos uShaka, Oribi-ravyn, baie mooi gholfbane, ensovoorts), is naby genoeg aan Ramsgate."

Manaba Beach, Hibiscus Coast

Ithaca Studio Apartments

"Very clean beach and toilets. Shops are within walking distance from chalets. Great place."

Margate, Hibiscus Coast

Sunset Cove 12

"Margate is maar bietjie besig."

Uvongo, Hibiscus Coast

Ebenezer Palms

"Die strand is mooi, net jammer die riviertjie wat by die see invloei se water besit riool. Ons 5-jarige dogterjie het baie siek geword en die dokter sê dit is die water en ons moet nie daar swem nie. Daar is geen borde op wat toeriste waarsku nie."

Manaba Beach, Hibiscus Coast

Queens Gardens 24

"Ons sal nie weer in Manaba bly nie. "

Shelly Beach, Hibiscus Coast

Shelly Beach Lodge

"Beter aanduidings oor waar swemstrande is. Verkeer is 'n probleem - in- en uitdraai vanuit die hoofpad en lang toue motors by verkeersligte. Ek moet Shelly Beach Car Wash komplimenteer - een van die bestes wat ek nog ondervind het en uitstekende waarde vir geld, veral nadat ons KZN Makathini-vlakte se sand en modder moes uit- en afwas!"

Margate, Hibiscus Coast

Bondi Beach Unit D

"Verkeerde tyd daar gebly - verkeer is redelik chaoties."

Uvongo, Hibiscus Coast

Topanga 24

"Baie lekker area, skoon en lekker strand!"

Ramsgate, Hibiscus Coast

Villa Montrose

"Villa Montrose is baie sentraal geleë, naby die Spar en Pick n Pay. Dit is ook naby Ramsgate se hoofstrand en Uvongo."

Marina Beach, Hibiscus Coast

Marina Glen Holiday Resort No 3

"Sherwood-koffiewinkel by Marina Beach is die beste vir draairoomys en koffie."

Manaba Beach, Hibiscus Coast

Ithaca 20

"Een van die skoonste strande nog. Sal nie weer Margate of St Michaels of ander omliggende strande besoek nie. "

Manaba Beach, Hibiscus Coast

Manaba Breeze 9

"Daar was 'n probleem met watervoorsiening in die hele Ugu-distrik: werkers het betoog en die watertoevoer afgesny en dis blykbaar redelik algemeen. Dit sou gehelp het as ek vooraf geweet het. Ek verstaan dit is nie Manaba Breeze se skuld nie. As ek weer in Manaba/Uvongo wil vakansie hou, sal ek beslis vooraf uitvind of daar so 'n probleem is. En: Bly uit die lagoons! Ons het 'n aand in die noodgevalle spandeer en 5 kinders het ingekom vir behandeling nadat hulle in aanraking met die water gekom het."

Uvongo, Hibiscus Coast

Laguna La Crete 108

"Uvongo het 'n waterprobleem en ons moes 3 dae sonder water klaar kom. "

Uvongo, Hibiscus Coast

Uvongo Square

"Sal probleme met besmette water moet oplos. Twee lede van my gesin moes hospitaal toe gaan vir behandeling as gevolg van die besmette water by die strand."

Three Hills, Hibiscus Coast

Ku-Boboyi River Lodge

"'n Mens kan verskeie mooi plekke besoek."

Shelly Beach, Hibiscus Coast

Vikings Rest

"Shelly Beach het 'n wonderlike groot strand. Al die winkels wat jy aan kan dink is daar, selfs 'n bioskoop."

Uvongo, Hibiscus Coast

Uvongo Square

"Baie lekker strand en vakansieplek."

Ramsgate, Hibiscus Coast

59 Ramsgate Palms

"Ape kan problematies wees. Mense behandel hulle soos speelgoed en voer hulle tot nadeel van ander vakansiegangers, want ape kom soek kos by al die eenhede. "

Manaba Beach, Hibiscus Coast

Seester 9

"Behalwe vir die swak kwaliteit van die drinkwater, is dit 'n uitstekende toeristebestemming. Die seewater is baie helder en lekker warm hier, veral by Lucien-strand. Dit is uitstekend vir 'n dag op die strand."

Ramsgate, Hibiscus Coast

Praslin 16

"Ramsgate is stil met baie mooi strande. Daar is menige puik restaurante naby. Die SPAR maak inkopies gemaklik en 'n mens kan enige iets daar kry vir die kombuis."

Page
Page 115 - Showing 3421 to 3450

Welcome to LekkeSlaap

Welcome back!

Reset your password?

Join our newsletter!

Create an account to manage your bookings

Log in to your LekkeSlaap account

Enter your email address to get started

Subscribe to receive special offers