Verified Reviews
Hibiscus Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Hibiscus Coast
Rated 4.3 out of 5 based on 3961 reviews.
"Oulike dorpie. Bly om te sien dat die polisie aktief in die area besig is om seker te maak dat als goed verloop."
Ramsgate Beach, Hibiscus Coast
Ramsgate Palms 13"Heerlik veilig en voorwaar 'n lekker plek om vakansie te hou."
Ramsgate Beach, Hibiscus Coast
Meridean Villa No. 1"Ramsgate is 'n lekker gemeenskap met vriendelike mense en baie eetplekkies en winkels by mekaar. Die hoofstrand is bietjie besig vir my, maar die strand by die ski-boot klub 'n entjie verder is lekker rustig en is toegerus met lewensredders, 'n klein winkeltjie/restaurant en baie parkeerplek. "
"Lekkerste rustige strand. Mooiste rotse. Alles wat jy soek is binne loopafstand. Great plek."
"Skoonmakers moet beter skoonmaak. Daar was sand op en onder die banke en TV-kas. Kombuis het kosspatsels teen mure, kas en stoof gehad. Potte en panne was half gewas. Kombuiskaste is vrot en badkamer kort 'n nuwe toiletsitplek. Die een wat op is, is vreeslik grillerig. "
"Buiten vir die slegte toestand van die paaie, was dit heerlik om aan die Suidkus te kuier. Dis gerusstellend om gereeld die polisie op patrollie te sien, en die swemstrand is lieflik!"
Ramsgate Beach, Hibiscus Coast
Anthurium 788"Ramsgate is 'n pragtige klein dorpie. Dit was my eerste keer om daar vakansie te hou en ek was aangenaam verras. Baie lekker swemstrand en dis naby aan baie ander toeriste aantreklikhede. Sal enige tyd Ramsgate aanbeveel as 'n vakansiebestemming. "
Ramsgate Beach, Hibiscus Coast
Inn on the Sea 2"Water tekorte het ongelukkig tans 'n negatiewe effek op vakansiegangers en toerisme. Hoop dit kan aangespreek word om te verhoed dat die effek op die omgewing verrykend sal wees."
"Uvongo is sentraal geleë en daar is baie om te doen in die area asook omliggende areas."
Ramsgate Beach, Hibiscus Coast
Hamiltons"Kan gerus krane om sand af te spoel by die ander strand ingange ook."
Margate North Beach, Hibiscus Coast
Anguna Holiday Flats"Dis 'n heerlike strand. Die omgewing is skoon en netjies. Daar is skoon geriewe asook 'n kiosk wat iets van alles bevat. "