Verified Reviews
Hibiscus Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Hibiscus Coast
Rated 4.3 out of 5 based on 3961 reviews.
Lawrence Rocks, Hibiscus Coast
Margate Sun 11"Dis naby die see en naby Wimpy op die strand waar gewoonlik vermaak gehou word."
St Michael's-on-Sea, Hibiscus Coast
St Michaels Manor - Butleigh 17"Baie sentraal geleë en naby restaurante, winkels, gholfbaan en meeste goeie strande. St Michael's-on-Sea strand is egter nie geskik vir jong kinders nie. Parkering wemel van karwagte wat aggressief optree terwyl vakansiegangers kaal stort saam met hulle kinders. Ons het eerder Ramsgate se strande gebruik wat baie beter is."
"Nie veel om te doen nie. Sal nie aanbeveel dat mense by die naaste Spar-sentrum te veel tyd spandeer nie, vir veiligheidsredes. Die jonges daar kan nogal moles op jaag. Die selfoonsyn is ook nie altyd vol syn nie, so sal nie voorstel vir besigheidsmense wat afhanklik van netwerk is nie. Verder was die buurt redelik stil. Geen ongelukke, roof, of moord gevalle voorgekom in die week wat ons daar was nie. Baie vrugte te kry in die area tydens somer."
"Ons het as kinders elke Desember by Uvongo tuisgegaan. Stand is egter nie meer so lekker nie, maar Uvongo het gerieflike winkels."
St Michael's-on-Sea, Hibiscus Coast
39 on Marine"Die strand is netjies en veilig. Ons kies nog die afgelope paar jaar om by St Micheals on Sea te baai, maak nie saak waar ons op die Suidkus tehuis gaan nie."
"Visitors from all over the word can enjoy their stay there. Holiday resorts are next to ask the main roads, easily accessible."
"Die SAPS se diens is van uitstaande gehalte, ek het dit op min ander plekke al beleef."
"Veilige, rustige strand. Baie skoon en netjies. Klein kinders kan lekker speel sonder dat ouers bekommerd moet wees."
"Baie lekker strand, nie te groot nie en het al die fasiliteite wat nodig is. C-Bali is 'n heerlike restaurant op die strand waar jy baie lekker kan eet, The Waffle House is vir seker 'n moet. Winkel is stapafstand. "
"Ons hou gewoonlik vakansie in Winkelspruit vir die mooi strand, maar Uvongo strand was vir ons 'n eerste en beslis nie 'n laaste nie. Strand was hemels en beeldskoon."