Geverifieerde Resensie
Hondeklipbaai
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Hondeklipbaai bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 313 resensies.
"Die dorpie is ver en klein, en het sy probleme met krag en water. Die nuwe geseëlde paaie is 'n wenner. Toegang tot die dorp is deur lang, slegte grondpaaie, maar 'n besoek is die moeite werd. Baie veilig en vriendelike mense."
"Die 2018 boek oor Hondeklipbaai, "Van Toeka tot nou", was voorwaar heerlik om te lees. Die skrywer ken van Hondeklipbaai. Heerlik."
"Aanvanklik nie beïndruk nie. Nie 'n tipiese vakansiedorp nie, maar na drie dae wou ons langer bly. Ek gaan weer."
"Baie rustig. Tipiese Weskusdorpie sonder enige wêreldse luukshede. As jy daarvan hou om klippies of skulpies op te tel op die ongerepte strand of waardering het vir 'n pragtige sonsondergang oor die see, sal die plek jou aantrek."
"Ons was verbaas oor die grondpaaie se uiters goeie toestande tydens ons verblyf in Aug 2018. Ons het orals rond gery met 'n Toyota Etios ten spyte van waarskuwing van plaaslike inwoners."
"Daar is nie regtig veel vir toeriste nie, maar ons was heel tevrede, was voorberei so ons het nie groot verwagting gehad nie, wou net gaan kyk hoe die dorpie lyk."
"Hier laai jy weer jou batterye. Dit is 'n baie spesiale gemeenskap wat regtig ryk is wat die lewe betref."
"Baie besonderse plek, voel of mens op 'n heeltemal ander plek iewers ver in die wêreld is. "
"Hondeklipbaai vat jou terug in tyd. Mens leer weer hoe om mens te wees, dankbaarheid is oral te siene in die dorp. Die veiligheid van die dorp was iets om aan gewoond te raak, veral as jy van Johannesburg kom. As jy soek vir 'n rustige atmosfeer is dit die plek vir jou. Honde is ook natuurlik oral welkom in die dorp."
"Lovely and remote for us who love this. Maybe would be a shock to people who are expecting a seaside village."
"Sal dit aanbeveel vir enige iemand om te gaan besoek. Dit is 'n pragtig plek sonder al die luukse huise wat op so baie ander plekke te sen is!"
"Dit is 'n unieke plek wat nie in almal se smaak sal val nie, as jy stilte en vrede soek is dit waarheen jy moet gaan. Ek sal weer en weer teruggaan. Nog nooit het ek so uitgerus gevoel na 'n vakansie nie. Nie eers die twee dae lange reis in die hitte terug na Johannesburg kon dit wat ek daar ervaar het, uitvee nie."
"Baie oulike plekkie, maar nie vir 'n lang tyd se verblyf nie. Na drie dae het jy klaar alles gesien wat te siene is. "
"Lekker staproetes beskikbaar, ligtoring, bekende skeepswrak, stil, min vakansiegangers en restaurantjies wat onder andere baie lekker roomys verkoop!"
"The town needs attention, no ATM's, no water and electricity for a few days, no signal for cellphones for a few days. "
"Onaangename grondpad en 'n afstand Hondeklipbaai toe. Goeie veilige bestemming vir 'n vakansie."
"Hondeklipbaai gee jou behoorlik daai klein dorpie gevoel. Alles is loopafstand, inteendeel, baie min inwoners daar het voertuie. Dis 'n baie vreedsame klein plekkie, en ons was deur talle inwoners verseker dat dit 'n baie veilige plek is. Dis die tipe plek waar jy gaan om heeltemal weg te breek van die gejaag van die stad en net gaan om rustig te wees. Daar is 'n ou skip-wrak wat mens kan besigtig op die strand, maar verder is daar nie veel om te doen nie. Ons het ons tydjie daar vreeslik geniet! Daar is baie min eetplekke, en geen kaartfasiliteite nie."
"Baie mooi. Baie om te sien. Onthou net om warm klere saam te neem. Weer is 'n bietjie onvoorspelbaar."