Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11903 resensies.
"Interesting little town off the beaten track, worth a short visit if you are interested in history and/or enjoy browsing in quaint shops."
"As jy daarvan hou om ongestoord klein, plattelandse dorpies met hulle pragtige, historiese argitektuur te verken, dan sal jy beslis van Vosburg hou. Die dorpie is pragtig skoon met 'n wonderlike ou-wêreldse bekoring."
"Ek glo met die inperkings, kan ons gerus meer ons eie land se dorpies gaan besoek. Dit bring ook die ekonomie weer terug in hierdie klein dorpies."
"Ons is bietjie teleurgesteld oor die dam, dit ruik nie baie lekker daar nie. Die dorpie is mooi skoon."
"Lekker plek om te ontlaai van die gejaagde omstandighede waar in ons elke dag lewe. Veilig."
"Uitsigte pragtig. Ligging van die eenhede baie goed geplaas om toegang tot die uitsig optimaal te benut."
"We didn't have the opportunity nor sufficient time to explore. What we did explore was well presented, clean, homely and warm."
"Nêrens is die sterre so naby en die omgewing se anders mooi so besonders nie."
"Was al dikwels daar. Dit is vir seker een van die mooiste dorpe in ons land! Tog so jammer dat die strate deesdae tot so n swak toestand verval het."
"Ons het die gasvryheid van Merweville eerstehands ervaar. Van Thea wat spesiaal die petrolpomp moes kom oopsluit sodat ons na 2 kan petrol kry, tot rugby kyk by Colin en 'n hewige kuier daarna! En dan in die pikdonker, tjoepstil dorpie terugstap huistoe en die duisende sterre beleef. Ons kon ongelukkig nie enige van die winkeltjies besoek nie, aangesien als 2 uur toemaak en ons eers daarna daar aangekom het. Dit was 'n wonderlike besoek wat ons nog lank sal bybly."
"Die verloor van welvaart in die Karoodorpe is ooglopend maar die gastehuise is 'n ligpunt."