Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11903 resensies.
"Gaan besoek gerus die museum op die dorp. Dis interessant om Richmond uit 'n geskiedkundige oogpunt ook te sien."
"Vriendelike dorp met baie besienswaardighede. Jammer dat beurtkrag verskeie besighede in hul spore laat stuit. Koffiemasjiene en oonde werk nie, en sommige sluit eenvoudig hul deure, blykbaar omdat hul betalingsfasiliteite gedurende beurtkrag buite werking is. Baie sleg vir besigheid."
"Vriende het Xhariep aanbeveel Bo-oor Colesberg. Dalk nie die best reputasie nie, maar ek vind dit relatief aangenaam."
"Pragtige dorpie, baie om te doen. Goeie restaurante, ry oor Swartbergpas is baie besonders."
"Lekker plattelanse dorp om rustig te word. Geen gejaagheid, lieflike mense om tyd mee te geniet. Lekker."
"Beurtkrag op die oomblik is 'n probleem, maar andersins dink ek Graaff-Reinet is 'n baie interessante dorp met klomp geskiedkundige besienswaardighede. Sal regtig vorentoe probeer om langer oor te bly sodat ons die geskiedenis kan inneem."
"Some lovely buildings and houses. I was pleasantly surprised. Quite clean as well. Well done Colesberg."
"Mooi dorp met heelwat besienswaardighede naby die Camdeboo Natuurreservaat."
"Beskikbare inligting by die gastehuis oor omliggende aktiwiteite sal goed wees. Soos plekke om te eet, toeruste-aantrekkings ens."