Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 14650 resensies.
Somerset-Oos (KwaNojoli), Karoo
Hockley Cottages"Groot geword op Somerset Oos. Die dorp is baie skoner as die vorige besoek. Die natuurskoon is asemrowend."
"Ongelooflike mooi en vriendelike dorp. Ons was baie sentraal en kon stap na winkels en restaurante."
"Canarvon het baie mooi voorbeelde van geskiedkundige Karoo-huisies en baie vriendelike mense."
"Netjiese juweel-dorpie wat vir mens verras en sielerus gee. Ondersteun gerus die mense en hul besighede."
"De Rust is a wonderful, quirky little town with great character. There are plenty of coffee shops and breakfast and lunch spots. The surrounding areas also offer plenty to explore!"
"Dit is 'n pragtige dorpie. Jou kar kan vanaand in die straat geparkeer bly. Mense is baie vriendelik en elke huisie is so mooi met 'n mooi ou tuintjie."
"A very well stocked Spar if you need to replenish any goodies for a long trip."
"Mooi outydse geboue en pragtige kerk. Vallei van Verlatenheid 'n hoogte punt. Die kaktustuin is ook iets besonders."
"Die probleem met motorfietstoer is dat jy beperk is met die hoeveelheid voorrade en gerief wat jy kan inpak. So jy word gedwing om alles te koop in die dorp sodra jy daar aankom. Besigheidseienaars kan gerus besef dat motorfietsgroepe die grootste inspuiting vir die dorp is, want ons kan nie vol koelbokse saamry nie. Alles moet gekoop word. En ons was baie beperk met winkels om vleis en hout en happies te koop. Hanover is verlate meeste van die tyd, maar dit was gepas vir ons op hierdie geleentheid. Die beste deel van Hanover is die stil strate en die kerkklok. Anders is daar nie veel om van te vertel nie."
"DeRust is a lovely, peaceful town outside of Oudtshoorn. It is a very arty town and there are lots of little shops and cafés to get lost in."
"Die omgewing en mense het dit nodig dat ons hulle besoek. Laingsburg is in 'n pragtige omgewing geleë en bied baie meer aan as wat mense besef."
"Die uitgestrektheid en ruimte om veilig en aktief te kon rondbeweeg was 'n verrassing. Die paaie is ook in 'n goeie toestand. Die wild is in 'n goeie kondisie en volop waarneembaar. Die Karoo het 'n bekoring wat in jou hart kom nesskop."
"Nieu-Bethesda is a special one-horse town in the Karoo. If a remote little village is your cup of tea, this one will tickle your fancy."