Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11903 reviews.
"Dit is 'n pragtige ouwêreldse dorpie waar almal vriendelik groet. Ek is dankbaar om te sien hoe skoon Beaufort-Wes weer is die afgelope twee jaar en dat daar weer opknappingswerk gedoen word, na jare se verwaarlosing. "
"Ons sien Beaufort slegs as 'n oornag bestemming op pad na ons vakansiehuis."
"Ek sou dit 'n 5 uit 5 gee as dit nie so vrek warm in Merweville was nie. Jy moet in ag neem, dit is in die middel van die Karoo. Verder is dit 'n baie stil, rustige en vriendelike dorpie. Perfek vir 'n wegbreek uit die gedruis van 'n besige lewe."
"Jy kan lekker rondry vanaf die plaas en heelwat gaan besigtig en ja, dis 'n pragtige wêreld ten spyte van die huidige droogte."
"Wees voorbereid van Graaff-Reinet se weerskommelinge en maak seker jou oornagplek is met lugreëling toegerus. Dis 'n skoon dorpie vele besienswaardighede."
"Die mooiste dorpie en baie komplimente oor hoe skoon en netjies die dorpie is. Mense vriendelik en lekker eetplekke."
"Die pragtigste mees versorgde en geskiedkundige dorp in die land. Karoo op sy beste!"
"Ek sal toeriste aanbeveel om van gastehuise of Gariepdam se akkommodasie gebruik te maak, maar beslis nie N1 Gariep Chalets nie."
"Dit is 'n lieflike dorpie en die plaaslike gemeenskap laat besoekers voel asof hulle al jarelange vriende is."