Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11906 reviews.
"Gaan eet by Sophie's Choice. Dit is iets wat jy nie kan misloop nie. 'n Rit met die Willow Limo is ook 'n goeie ervaring."
"Colesberg is die perfekte middelpunt om te gebruik om oor te slap tussen Gauteng en Kaapstad. Nie veel om te doen nie. En darem was dit nie so koud soos voorheen nie."
"Kan nie kommentaar lewer nie omdat ek eers laat in die aand in Colesberg aangekom het en vroeg Sondagoggend weer vertrek."
"Baie mooi gedurende hierdie tyd van die jaar met al die blomme, maar ek dink nie dat dit vir iemand is wat nie belangstel in die natuur nie. Die grondpaaie is net plek-plek sleg, maar verder in 'n baie goeie toestand."
" Ligging is sentraal tussen Loxton en Richmond, asook Klerksdorp en Beaufort-Wes,"
"Merweville is pragtig skoon, werklik 'n Karoo-paradysie. Daar is nou 'n teerpad vanaf die N1 na Merweville, al wys die padkaarte dit nie aan nie. Die pad loop vanaf Prins Albert-weg direk na Merweville. Nie veel om te doen nie, maar net om die Karoo stilte te ervaar is wonderlik. Mens kan lekker ver gaan stap. Baie veilig, en die mense is baie vriendelik. Daar is twee oulike en outydse winkeltjies in die dorp met 'n verbasende verskeidenheid goed om te koop."
"Dis nie spesiaal nie, jy kom vir die rustigheid van die Karoo."