Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11903 reviews.
"Interessante dorp maar beslis "over-priced". Verblyf en restaurante. Aanvaar die dorp is gemik op buitelandse toeriste."
"Mooi natuurfoto's kan daar geneem word in die oggend en aand met sononder. Regtig besondere kleure in die lug. Die dorp is stil en die lug is vars."
"Lieflike, interessante dorpie. Daar is soveel om te doen en beleef. Die plek wemel van puik kunstenaars. Besoek gerus. Ook naby De Rust, Meiringspoort en natuurlik Swartbergpas en Gamkaskloof met Die Hel. 'n Fotograaf se droomwêreld."
"Die dorp is nie in 'n goeie toestand nie, maar dis perfek om 'n nag te rus voor jy verder vertrek."
"Iets spesiaal en die omringende natuurskoon en geskiedenis kan jou definitief langer besig hou as net vir een aand se verblyf!"
"'n Pragtige dorp, veral die skole in die dorp. Jy voel baie veilig in die dorp. Baie mooi kerk - definitief 'n aantrekkingspunt vir toeriste."
"Wat 'n lieflike dorp! Egte Karoo gasvryheid en so baie interessante plekke om te beleef en te geniet. Prins Albert sien ons vir seker weer."
"Doen jouself die guns en spandeer tyd hier. Die damwal is iets besonders en die dam wal toer is 'n moet."
"'n Pragtige dorpie aan die voet van die Swartberge waar mense nog belangstel in mekaar en die inwoners uit hulle pad gaan om toeriste waarde vir hulle geld aan te bied. Gaan kyk gerus."
"Warm, maar lekker om te sien die mense in die winkels is steeds baie vriendelik. Van die straat af lyk die plek maar bietjie verniel, maar aangename ervaring."
"Dis nie iets wat ek verwag het nie, maar weet dis die Karoo en 'n regte klein Karoodorpie ons is van Natal het nog nooit tevore daai kant gegaan, maar die rit terug het dit darem beter begin lyk."
"Ons het veral die Fransie Pienaar museum geniet. Maandae is ‘n bietjie stil en ‘n paar besighede was toe of sluit vroeg. Veilig om rond te loop in die strate."