Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11903 reviews.
"Wonderlike gasvrye mense en is die restaurante van 'n hoë standaard."
"Polka restaurant was 'n baie besonderse ervaring en die kaktus en vetplant kwekery was 'n groot verassing. Die museum uitstallings was baie goed en die mense baie vriendelik en hulpvaardig. Ons kon nie die kerk besoek nie want die dame daar was op die foon en het geen aanduiding gegee dat ons kon binnekom nie. Die ou historiese dorp was skoon en netjies ten spyte van die sigbare armoede van die mense. Dit was lekker om weer na 25 jaar daar te kon rondstap."
"Dit is die mooiste dorpie in die Wes-Kaap! Die huise is goed versorg, en al die mense is vriendelik en werk saam. Die hoeveelheid projekte wat uit die gemeenskap gaan om armoede te verlig en mense te bemagtig, is so positief."
"Sien dit meer as 'n oornag dorp vir die toeris. Daar is nie baie anders te sien/doen nie. Rustig."
"Pragtige dorpie. Ons hou daarvan dat baie huisies al gerestoureer is. Dorpie baie netjies. Motormuseum 'n moet sien."
"Regtig die moeite werd om van die hoofpad af te draai en te sien hoe 'n dorpie lyk waar die tyd gaan stilstaan het."
"Besooek gerus museums, die Kamdeboo Nasionale Park en Vallei van Verlatenheid - dis 'n moet."
"Sal net langer wil bly om al die winkels en galerye te besigtig, want hulle was almal klaar toe, toe ons daar aankom op 'n Saterdagmiddag en bitter min was oop op die Sondagoggend. "
"Baie interessante besienswaardighede, 'n dorpie wat ryk is aan geskiedkundige besienswaardighede."
"Dis teerpad tot en met die grondpad is so 5 km na die dorpie. Dis nie meer 'n grondpad en rof vol klippe weens geen instandhouding . Dus as jy nie 'n SUV het nie, neem dit maar stadig oor die klippe. Maak vol met brandstof en neem die nodige. Geen banke of petrolstasie in die dorpie nie. "
"Het geensins rondgery nie. Het die aand lekker by Essence geëet. Mooi skoon."
"Dierbare Karoodorpie. Kapoet koffiehuis bedien die heerlikste koffie en koek. "
"Die Ghost walk was fantasties. Net jammer besienswaardighede maak al 13:00 toe of is soms glad nie oop nie."
"Wat 'n verrassing. Ek het nog altyd net daardeur gery, maar nog nooit daar oorgebly nie. Pragtige plekkie!"
"Niks oop winkels op Sondae nie. Het gesukkel om eetgoed te kry op 'n Sondagmiddag en moes al die pad terug ry Colesberg toe."
"Ek het net in Victoria-Wes oorgeslaap op pad na 'n funksie van my seun in Potchefstroom en dus nie aandag gegee aan toeriste besienswaardighede nie. Ek het wel baie vriendelike gratis hulp gekry vanaf die Ford garage toe ek vermoed dat daar dalk iets fout met my motor was, waaroor ek baie dankbaar was!"