Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11903 reviews.
"Baie mooi plattelandse dorpie met die berge in die agtergrond. Het baie potensiaal. Heelwat klassieke ou geboue wat vra om gerestoureer te word."
"Indien moontlik, bly een dag langer as wat jy aanvanklik beplan het - daar is baie om te sien en doen."
"Heerlike bestemming met baie doendinge! Jy moet meer as 2 dae hier spandeer om alles te sien en ervaar. Dit was baie lekker!"
"Daar is baie om te doen om die natuurliefhebber besig te hou. As jy hou van wild, voëls, visvang, water, sterre en klein, stil dorpe, is dit 'n ideale omgewing. "
"Nogal interessant as mens bietjie rondry en loop om al die oudhede en geboue te besigtig."
"Egte vriendelike outydse Karoo-dorp met n bekoring soos mens net in die Karoo kan kry."
"Spandeer ten minstens drie dae in Graaff-Reinet om al die museums en ander besienswaardighede te besoek. "
"Lot of friendly residents. Peaceful surroundings and plenty of different destinations for day drives. Interesting shopping opportunities. Eating out is made easy with plenty choices. "
"Daar is regtig baie, baie goeie geriewe. Van gastehuise tot restaurante om van te kies. Van die boonste gehalte. "
"Gaan kuier by Hennie (Boer soek n vrou) se teekamer en eet 'n pannekoek gevul met melktertvulsel. Heerlik verby!"
"Vanderkloof is 'n wonderlike plek om te gaan ontspan van die gejaag van die stad. Daar is genoeg om te doen. Die vriendelikheid en meelewendheid van die inwoners laat jou voel asof jy tuisgekom het."
"Middelburg is so maklik geleë en het alle nodige winkels en eetplekke beskikbaar. Historiese dorpie en interessante nabygeleë plekke om van daar te besoek."
"Was aangenaam verras. Graaff-Reinet is vol interesante winkels en restaurante, so baie graag meer tyd daar wou spandeer!"