Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11903 resensies.
"Die dorpie is baie mooi, maar dis baie koud. Gerieflike vulstasie en wonderlike diens by Spur. "
"Prins Albert is 'n oorstop-slaapplek vir die Swartbergpas en dit is ongelukkig al. Sou die pas nie bestaan het nie was dit verseker nie die moeite werd om daar vakansie te probeer hou nie. Baie slaapplekke, pragtige hotel en ander winkeltjies en miskien 'n aftreeplek vir iemand wat die geskiedkundige waarde waardeer!"
"Dis 'n pragtige, rustige dorpie, waardeur die trokke en motors jaag. Dit sal hul almal goed doen om net 'n bietjie te stop en die rus en vrede in te drink."
"Colesberg bly steeds een van die aangenaamste klein dorpies om oor te bly vir 'n dag of twee."
"Prins Albert was nog altyd op my lys van plekke om te besoek en ek is nie teleurgestel nie. Die dorp is netjies en dit het my dadelik opgeval. Julle berge is asemrowend en die wyn baie lekker. Ons het Fernskloof besoek en lekker gesels met die eienaar en wynmaker. Ook die feit dat mens daar veilig voel was 'n groot pluspunt, veral vir ons stedelinge."
"Ek glo alles wat mens nodig het is in Beaufort-Wes te kry en te sien. Daar is baie besienswaardighede wat jy by die inligtingsentrum sal kan uitvind."
"So 'n lieflike ou dorpie, maar die pragtige geboue in die dorp word nie almal mooi onderhou nie."
"Gerieflike oornagstop tussen Kaapstad en Johannesburg. As jy wil sterre kyk in die nag, is dit 'n goeie keuse."
"Nieu-Bethesda is kos vir die siel. En die mense is almal so ongelooflik vriendelik en goed gemanierd."
"Gay's Guernsey Dairy is definitely worth a visit, excellent cheeses. Plenty restaurants to choose from within reasonable price ranges. "
"Ons was aangenaam verras met die netheid van die dorp. In die verlede was die kerk saans verlig, en dit was 'n wonderlike attraksie en goed vir fotografie. Ons verstaan dat dit nou moontlik duur is, maar miskien kan die ligte op spesifieke aande vir spesefieke tye aangeskakel word, afhangende van die tyd van die jaar en as dit goed donker is."
"Ons vul altyd ons voertuig met petrol in Britstown wanneer ons in daardie rigting reis. Ons het nog altyd net goeie ondervindinge daar gehad."
"Baie rustig en ontspanne atmosfeer. Lekker om net te kan ontspan na 'n lank rit op die pad."
"Baie oulike restaurante, indrukwekkende ou geboue en vriendelike mense."