Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 14650 reviews.
Somerset East (KwaNojoli), Karoo
Angler & Antelope Guesthouse"Baie interessante dorp en beslis baie mooier as verskeie ander dorpe in daardie omgewing. Ek het verskeie pragtige foto's in die dorp geneem."
"Veilge en mooi baie skoon dorpie. Sal verseker weer daar oornag op pad Kaapstad toe. "
"As jy dink jy het al alles in en om Graaff-Reinet gesien, dan het jy nog niks gesien nie."
"Die stilte en oopte is goed vir 'n mense se siel. Die mense is so eg, gasvry, vriendelik en kosbaar!"
"Baie interessant! Ek het nie geweet dis die grootste dam in ons land nie. Om die damwal, sluise en al die geboue wat die proses moet bewerk. Ek sal graag tyd wil maak om oor die wal te stap en ook onder in die tonnel. Sal in die vervolg dit reel en tyd maak daarvoor! "
"Klein plaasdorpie. Ongerepte natuur. Pragtige plek vir die natuurliefhebbers. Sal net nie aanbeveel dat enige families na die restaurant The Belfry Kitchen toe gaan met klein kindertjies nie. Kinders is glad nie welkom daar nie. Mense is baie vriendelik en behulpsaam op die plaas. Die haaswinkeltjie verkoop heerlike beskuit en vyekonfyt."
"Pragtige dorp met baie om te doen en great vir fietsryers, stappers. Daar's ook lekker eetplekke. "
"Colesberg is 'n baie klein dorpie waar daar nie veel aangaan nie. Maar dis wel gerieflik vir oornag tussen Gauteng en die Kaap. "
"By Nieu-Bethesda het die lewe gaan stilstaan en ons het elke oomblik geniet. Die sterre was ongelooflik helder. Sal weer gaan kuier wanneer ek kan."
"The lamb chops at 4 Sheep were not great. Lovely Karoo town but the waitress was very good."
"Nieu Bethesda het net 'n bekoring vir ons. Het spesiaal soontoe gery. Die pad is 'n bietjie sleg, maar die plek is afgeleë en mooi. By die kaasplaas/bierbrouery was dit 'n teleurstelling, want niks was beskikbaar nie, maar ek sal weer terugaan soontoe. "
"Die mooiste Kaapse dorpie met baie geskiedenis. Asook die mooiste geboue en baie vriendelike mense."
"Graaff-Reinet is 'n juweel. Die omgewing is baie mooi met pragtige natuurskoon. Die Vallei van Verlatenheid is 'n moet om te besoek. Die dorpie het baie mooi oudhede."
"Colesberg is 'n goeie oornagpunt op pad na die Kaap. Hier is nie veel te doen nie, maar die ou huise en kerk is 'n juweel vir die oog."
"Ken nie die dorpie nie, maar is maar verwaarloos wat ons gesien het (algemene paaie, ens). "
"Sal weer gaan. Groot bewondering vir 'n dorp en 'n gemeenskap wat soveel doen vir hul eie oorlewing. Mag die droogte gou iets van die verlede wees!"