Geverifieerde Resensie
Klein Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Klein Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1958 resensies.
"Oudtshoorn is 'n baie aangename dorp en die mense is baie vriendelik! Daar is baie om te sien en doen in en om die dorp! Wens ons kon langer bly, maar ons sien julle gou weer!"
"Sien uit daarna wanneer die paaie klaar is om weer te gaan."
"Dit is 'n pragtige dorpie met die mooiste ou geboue. Die natuurskoon van die omgewing en die ligging van die dorp maak dit ook lekker om met 'n kamera rond te stap. Daar is altyd iets moois om af te neem."
"Sal baie graag weer wil gaan en meer tyd spandeer in die lieflike dorp en omgewing. Enige fotograaf se droom."
"Oudtshoorn is 'n ongelooflike toeriste bestemming vir 'n gesin met kinders. So baie goed om te doen!"
"Baie lekker plek om te besoek en daar is so baie om te doen. Sal weer kom kuier. "
"You MUST go to the Cango Caves, the Cango Wildlife Ranch and to go on an ostrich farm tour! So cool! "
"Mooi skoon dorp met vriendelike mense en interessante plekke om te besoek."
"Just the right place to use as a basis when you want to explore the beauty of the Karoo or it's an amazing place for a tranquil break."
"Pragtige dorpie met vele bedrywighede in die onmiddellike omgewing. Meiringspoort is asemrowend mooi en die publieke badkamers is pynlik skoon en netjies. 1ste klas toeriste-aantreklikheid."
"Prins Albert het kompetisie hier! Perfek geleë om Meiringspoort, Oude Muragie en Seweweekspoort pas te besoek. Lekkerste omelette van ons lewe geëet by the Village Trading post."
"Oudtshoorn is 'n rustige Karoodorp met gasvrye en vriendelike mense waar mens nog egte plattelandse gasvryheid geniet!"
"Daar is verbasend baie om te doen in die area. Montagu skep 'n warm klein dorpie gevoel met baie outydse geboue en vriendelike mense."
"Ons hou van die rustigheid. Sal daar wil aftree. Hoop die padwerke is klaar wanneer ons weer kom."
"Pragtige plekkie, netjies en veilig. Dis 'n goeie plek vir 'n rustige lewenstyl."
"Mooi omgewing om te gaan afskakel van 'n daaglikse roetine en deel te maak van jou vakansie."
"Pragtige en goed versorgde dorp, hier is baie te doen vir die buitelewe-entoesias en ook heerlike restaurante."