Geverifieerde Resensie
Klein Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Klein Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 2950 resensies.
"Oudtshoorn is in 'n pragtige streek geleë in ons land en daar kan regtig baie geleenthede wees vir toeriste wat van die natuur en sy prag wil geniet."
"Didn't stay long enough, but know there are many attractions to keep one busy. Oudtshoorn nice and clean."
"Montagu is 'n pragtige dorpie met ongelooflike natuurskoon. Daar is tonne oulike eetplekke en klein winkeltjies. Top wynplase en ander oulike dorpies is ook om die draai."
"Baie lekker plek en baie kuier plekke. Ons is mal oor die mense waarmee ons te doen gehad het vanaf eetplekke tot vulstasies."
"Daar is dinge om te doen in Montagu met goeie restaurante. Ons het Moedersdag by Kokkemans geëet, lekker rondgeloop in die natuurtuin en die wynplase besoek. Ons het baie lekker gekuier."
"Ons het HighGate Volstruisplaas, Cangogrotte en Cango Wildlife Ranch saam met die kinders gaan besoek. Ek kan dit aanbeveel. "
"Sal enige tyd terug gaan, dis was vreeslik aangenaam, was daar vir 'n troue."
"Dit is 'n pragtige dorpie en ons was beïndruk. Die dorpie is ook so naby aan Numbi Valley, dit maak dit gerieflik as mens iets kort."
"De Rust self bied nie teveel nie, maar dit is sentraal geleë en perfek om vir n dag deur te ry na Prince Albert, Oudtshoorn, George, ens. "
"It is central to many nearby destinations with some magnificent ports and passes in the area."
"Die dorp het karakter en bied baie vir 'n kort kuiertjie. Ek was verbaas om uit te vind dat rotsklim en abseiling 'n groot bedryf by Montagu is."