Verified Reviews
Kruger National Park South
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Kruger National Park South
Rated 4.6 out of 5 based on 3550 reviews.
"Baie wild in hierdie deel van die wildtuin. Koedoes, rooibokke, vlakvarke, giraffes en nagapies was gereelde besoekers in ons tuin met renosters net oorkant die pad."
"Ons was baie gelukkig om 'n luiperdjag te beleef en verskeie diere en voëls by die Krokodilrivier gesien."
"Was op safari saam South Post gewees. Was weereens 'n awesome dag in die wildtuin. Baie diere, Groot 5 almal gesien. Wildtuin se personeel awesome gewees."
"Gaan baie soontoe, maar pryse raak duur vir ons pensioenarisse. Daarom bly ek eerser in Marloth en ry dan daagliks park toe."
"Die roete vanaf Krokodilbrug na Skukuza via Lower Sabie is baie goed met genoeg diere."
"Gaan vroeg om teleurstelling te voorkom, aangesien hulle net ’n sekere aantal besoekers toelaat per dag."
"Die onbekende tye het baie hartseer veroorsaak. Jy as gesin wil die wildtuin gesamentlik geniet. Nie net 3 van 4 in 'n gesin nie. "
"Die tannies by die Marlothpark Winkelsentrum is nie te vriendelik nie, maar verder 100%."
"Beste plek om te wees. Indien jy buite die wildtuin bly, maak seker jy bespreek vooraf jou pre-booking permit om die Kruger in te gaan en wees al 30 minute vroeër by die hek. Naamlik half 6. Elke oggend was ons die vierde kar in die ry gewees. So sien jy ook eerste die diere in die pad. "
"Ons gunsteling is natuurlik die noorde. Pafuri area. Baie verkeer in die suide, wat dit soms moeilik maak, maar het baie lekker getoer deur die hele Wildtuin vir 4 dae. Rus vir jou siel."