Verified Reviews
KwaZulu-Natal
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in KwaZulu-Natal
Rated 4.4 out of 5 based on 13625 reviews.
"Beautiful beaches, so many restaurants to choose from with delicious foods and enough to do when weather does not agree with a beach day."
"Ons het nie regtig kans gehad om te toer nie, want ons moes meeste van ons tyd by Hillcrest Hospitaal spandeer. Dis 'n mooi omgewing, maar daar is 'n swaar reuk as jy naby die vullishoop verbyry. Gelukkig is die verblyf ver van die vullishoop af."
"Manaba is 'n heerlike plek om vakansie te hou. Baie om te doen en veral om klein kleuters besig te hou met veilige strande en parke om te besoek."
Northern Drakensberg, KwaZulu-Natal
Witsieshoek Mountain Lodge"Asemrowend, kalm en voedsel vir die siel."
"We enjoyed the variety of activities in and around Uvongo but was warned at numerous occasions by locals not to visit the beach area early mornings or late evenings due to crime levels rising."
"Daar is baie besienswaardighede in die omgewing. Dit voel veilig met baie verskillende opsies om van te kies."
"Daar is baie te sien en 'n baie mooi plek. Ek is baie lief vir swem in die see, so persoonlik verkies ek die suidkus bo die noordkus. Maar sal dit definitief aanbeveel aan vriende en oorsese besoekers."
"Dit was ons eerste besoek aan Ballito en hy het my verwagtinge oortref met sy pragtige see-uitsigte en plantegroei langs die see. Ballito het sommer diep in my hart gekruip en ons sal vir seker teruggaan soontoe in die toekoms. "
"Uvongo is pragtig en is heerlik vir 'n gesinsvakansie. Daar is heerlike pret vir kinders en ek geniet die hoofstrand baie met die winkel, restaurant, publieke kinderswembad ens. baie. "
"As jy wegbly van die swak areas is dit baie veilig daar. Die polisie is deurlopend teenwoordig en daar is baie om te doen."
"Margate is 'n verskriklike lekker plek. Een van die mooiste plekke wat daar is. Dis lekker naby alles: Kart Freaks (baie lekker plek) Lake Eland, krokodilplekke, ensovoorts"