Verified Reviews
KwaZulu-Natal
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in KwaZulu-Natal
Rated 4.4 out of 5 based on 13625 reviews.
"Pragtig skoon met bekostigbare eetplekke. Boemelaars is daar baie, maar nie steurend nie. Tidy Towns doen uitstekend!"
"Vryheid itself is a wonderful town. However, the roads from Vrede through Newcastle to Vryheid are in a terrible condition and this makes traveling in the area literally very dangerous - potholes upon potholes of all sizes. If it were not for these roads, I would easily go to Vryheid again."
"Durban se middestad gaan agteruit. Dienste is maar skraal. Waterfront, promenade en strande is leeg. Covid en die vloede kan nie die skuld kry vir alles nie. Daar is 'n merkbare verandering sodra jy Durban verlaat, hetsy kuslangs (Noord of Suid) of na die Midlands toe."
"What a beautiful place to visit. Love that it has the bush and ocean. Cape Vidal is a must. Such a pity the showers at the beach don't work. Not even mentioning the state of the beach toilets, what a mess!"
"Nie so gehawend soos verder suid nie. Ballito is sentraal in die Suid/Noordkus met goeie winkels en kuierplekke."
"Ons besoek is deur beurtkrag en kragonderbrekings versteur. Daar is nie baie begrotingsvriendelike restaurante nie. Dis nie ons soort plek nie. Ons het hierheen gekom om met die Sanipas te ry."
"Dit was my eerste keer by die see en ek moet sê ek het dit baie geniet en sal beslis weer teruggaan."
"Margate really impressed us with all the hard work Tidy Towns have put into this amazing place. These are some of the best beaches in the world. Ramsgate and the Waffle House stay a favourite and we never leave without visiting The Crayfish Inn and Tom Dick and Harry for the best food in town. Love this piece of paradise!"
"Promenade is 'n heerlike kuierplekkie. As jy lief is vir die see, is dit die plek om te gaan."
"Scottburgh het amper geen besienswaardighede nie. Selfs die toeristekantoor wat in die dorp was bestaan blykbaar lankal nie meer nie. Sommige paaie ook baie sleg."
"Die dorpie is baie vervalle. Die omgewing om die dorp is mooi, maar in die dorpie self voel mens glad nie veilig nie. Die boere en van die dorpsmense hou die dorp aan die gang. Met loadshedding is die dorp pikdonker - daar is min moeite gemaak om dienste aan die gang te hou. Die hoofpaaie na/van die dorp is nie in 'n slegte toestand nie, maar tog is daar 'n paar slaggate en die enkelbane saam met baie trokke maak vir 'n gevaarlike reis."
"Met die sneeu op die berge gedurende ons besoek was dit 'n groot bonus. Dit was prentjiemooi en lekker koud."