Verified Reviews
Limpopo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Limpopo
Rated 4.3 out of 5 based on 2367 reviews.
"Vrugtestalletjies langs die pad het heerlike vrugte verkoop. Daar is genoeg winkels om in alle behoeftes te voorsien."
"Tzaneen het baie agteruit gegaan in die laaste tyd. Geen lekker restaurante waar mens kan uiteet nie. Ons gastehuis het opgemaak vir die toestand van die dorp wat ons glad nie geniet het nie. Dankie aan Die Stoep waar ons kon wegkruip gedurende Kersfees."
"Dis wel 'n veel kleiner dorpie as Johannesburg, maar daar is egter heel voldoende winkels en selfs die Modi Mall waar mens jou inkopies kan doen en omtrent alles bekom wat jy nodig het. Om op te som sou ek sê dis 'n oulike dorpie met genoegsame geriewe vir toeriste en vakansiegangers."
"Daar is nie veel om te doen in die omgewing nie, behalwe om Die Oog te besoek."
"Toeka se Dae farmstall is one of the best and makes the visit to Bela-Bela a pleasure."
"In die dorp self is genoeg te doen vir mense wat winkels soek, maar as die natuur jou ding is, is daar genoeg pragtige vakansieplekke in die omgewing."
Soutpansberg Mountains, Limpopo
Chinaka Game Lodge"Dit was iets anders as wat ons normaalweg doen. Ons het bietjie verder gery maar dit was deur en deur die moeite werd."
"Magoebaskloof is my gunsteling-bestemming. Die natuur is mooi. die toeriste-aantreklikhede is voldoende om besig te bly indien jy verkies. "
"Sekere gedeeltes is te ver vir ons Mpumalanga mense wat op die hoëveld bly, Middelburg, Witbank, Olifants, Stoffberg is so twee tot 3 & 1/2ure se ry, wat naby genoeg is aan Secunda, Standerton en die TEKS area."
"It is a quiet suburb and was lovely for business stay over as it is central enough but tranquil. "
"Daar is 'n sentrum op die dorp waar mens aankope kan doen indien nodig. Ons het 'n heerlike middagete geniet by 'n plekkie op die rand van Thabazimbi. Daar is ongelukkig nie duidelike bord aanwysings na die restaurant toe nie. As jy die dorp van Brits binne ry, draai links by die vier rigting stop net nadat jy onderdeur 'n brug gery het. Regs by die T-aansluiting en links op teen die koppie. Die restaurant met groot grasperk en koelte sal aan jou regterkant wees."
"Baie vakansieoorde in omgewing van Bela-Bela wat sakpas is en naby genoeg is aan groot stede soos Johannesburg en Pretoria."