Verified Reviews
Maloti Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Maloti Route
Rated 4.6 out of 5 based on 5062 reviews.
"Die dorp is redelik netjies met heelwat interessante sandsteengeboue en dit sentraal tot die Oos-Vrystaat se besienswaardighede."
"Pragtige dorpie in 'n pragtige omgewing. Die restaurante is goeie waarde vir geld. Die dorpie kan regtig doen met ten minste 'n SPAR-kettingwinkel. Die Chinese winkel daar is 'n bedrogspul."
"Absoluut uniek! Geen groot kettingwinkels en malls daar nie, wat goed is. Die natuurskoon is asemrowend. Baie unieke gemeenskap met baie kunstenaars en alternatiewe tipe winkels. Pryse van items kan redelik duur wees, maar daar is winskopies wat uitgesnuffel kan word! Redelik naby Lesotho, Golden Gate en ander besienswaardighede. Ek sal sonder huiwering teruggaan soontoe!"
"Daar het nie veel verander oor die afgelope jare nie, en soms is dit goed, maar anders kan dit voordelig wees om te verander of uit te brei om nuwe besoekers te lok."
"Oujaarsaand 2016 se nag was 'n ontstellende belewenis. Bomklappers het heelnag deur geskiet, wat geklink het soos bomme wat ontplof. Daarom het ons dit hierdie jaar vermy en eers die eerste Januarie 2018 ingeboek. Dit was baie rustig, dalk het hulle die probleem hanteer. "
"All the restaurants are top notch. Clementine, Friends, the Highlander, Roter Hahn, Mosaic Pizzeria are all a great for families with kids. The views from anywhere in Clarens is postcard worthy. "
"Bly langer! Daar is net te veel om te sien. Kies jou eetplekke versigtig - sommiges is net nie op standaard nie."
"Het net een supermark en hy is buitensporig duur. Clarens is pragtig en sal weer teruggaan om te kuier."
"The town need to invest in a water/entertainment park, where tourists can spend their summer days there. "
"Die restaurante wat daar is maak van te vroeg in die aand toe en dan het hulle goeie kos. Die wat wel oop is het goeie diens en kos."
"Was uiters verras met hierdie pragtige klein dorpie en al sy winkels en dinge om te doen."