Verified Reviews
Maloti Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Maloti Route
Rated 4.6 out of 5 based on 5062 reviews.
"Ons besoek graag klein dorpies onder andere Parys, Prins Albert, Dullstroom, Cullinen, Bathhurst. Ons gunsteling bly Clarens."
"Clarens sal altyd baie spesiaal wees en daar sal nog baie besoeke in die toekoms wees."
"Geniet die dorp elke keer, lekker om daar rond te loop, jammer om te sien dat van die plekkies gesluit het maar hoop alles sal weer optel en kan voortgaan."
"Clarens bly maar 'n mooi dorpie met goeie winkels om in rond te snuffel, enige vrou se droom."
"Fouriesburg omgewing is 'n goeie bestemming om die omliggende berge te verken, staproetes te doen, bergfiets en trailrunning. Die dorp het 'n paar oulike winkeltjies."
"Baie mooi, as jy die regte blyplek kry in die dorp teen die berge en met die regte advertensie en uitsig."
"Clarens is kos vir enige siel. Clarens sy berge, mense en atmosfeer. Is my happy place. "
"Sowaar die Vrystaat se juweel. Soveel om te sien en te doen. Die dorpie self het natuurlik daardie nostalgiese winkeltjies en restaurante waarvoor hulle bekend is en wat iets vir almal bied. Omring met die pragtige Maluti bergreeks vir die natuurliefhebbers en fotograwe. Maar dan is daar ook die wynplaas waar jy kan wynproe en koop asof jy al die pad Kaap toe gery het. "
"Algemene bevinding is dat Clarens baie duur is. Indien produkte meer beskostigbaar is sal Jan Alleman ook deel kan hê, waarde kan toevoeg en meer gereeld kan besoek. Dit is 'n pragtige plekkie, maar ek dink finansieël nie vir almal bereikbaar nie."
"Die paaie is nie in goeie toestand vanaf Bethlehem na Fouriesburg nie. Die pad vanaf Clarens is baie beter. County Inn se kos is heerlik, so ook die Plaasstoep. Pad tussen Fouriesburg en Ficksburg is in haglike toestand."
"Een van die min Oos-Vrystaat se klein dorpies wat lewe toon. Die pad vanaf die suide is ene slaggate. Die Oos-Vrystaat is baie mooi in die somer na baie reën. 'n Moet sien in Suid-Afrika."
"Beautiful part of the country, good for walks, retail therapy, eating out at Treat and having coffee and carrot cake at the Highlands Roastery is a must!"
"It is such a quaint little town. Lovely restaurants. Awesome shops and it is good to see that there are some renovations and more developments happening in Clarens. We would just suggest that the restaurants stay open later. The only one that was really good and available was the Postbox as they were accommodating and their food was lovely. "
"Dit is 'n plekkie waar 'n mens kan 'n huisie koop en aftree, die uitsig is besonders mooi."
"Fouriesburg se strate val uitmekaar en kort aandag van munisipaliteit af. Die omgewing is so mooi en die dorpie het soveel potensiaal."
"This little town has become our one stop holiday destination, with all the latest changes with shops and opening of new shops in between, there is just always something to see in town. We have grown to almost be locals, and making rounds to all the restaurants, trying different meals. For a relaxing stroll and not minding your meal eaten at different restaurants just to be different, then Clarens is the place to go."
"Clarens is die mooiste dopie en omgewing, met die heerlikste weer en lekkerste winkeltjies!"
"Great pet friendly town with plenty of hiking trails on offer."
"Wat 'n lieflike plattelandse dorpie. Toerisme het gely tot baie groei in die dorp maar hy het sy karakter gehou. Baie oulike winkels en fantastiese restourante en eetplekkies om te verken."