Verified Reviews
Merweville
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Merweville
Rated 4.5 out of 5 based on 137 reviews.
"Merweville is jou tipiese Klein Karoo dorpie met vriendelike mense, waarde-vir-geld verblyf en daardie gasvryheid wat jy net in die Karoo kry. Ons sal beslis weer kom kuier!"
"Merweville het ons harte gesteel. As jy lief is vir die Karoo en stilte is dit net die plek vir jou. Bekoorlik. "
"Merweville is pragtig skoon, werklik 'n Karoo-paradysie. Daar is nou 'n teerpad vanaf die N1 na Merweville, al wys die padkaarte dit nie aan nie. Die pad loop vanaf Prins Albert-weg direk na Merweville. Nie veel om te doen nie, maar net om die Karoo stilte te ervaar is wonderlik. Mens kan lekker ver gaan stap. Baie veilig, en die mense is baie vriendelik. Daar is twee oulike en outydse winkeltjies in die dorp met 'n verbasende verskeidenheid goed om te koop."
"Ek het my hart verloor op Merweville. Ons is oral so vriendelik ontvang. Dit voel of 'n mens deel van 'n familie is. Ek sal definitief weer gaan kuier."
"Die mooiste juweel van 'n plek. Waar jou kruideniers nog by jou huis afgelaai word. Merweville is 'n absolute moet!"
"Gawe plek. Ons bid saam met hulle vir nog baie reën ten einde die natuur te help om ten volle te herstel!"
"Trotse, skoon, netjies en interessante klein karoo dorpie met 'n baie mooi kerk. Vriendelike mense. "
"Dit het gevoel of ons, ten spyte van die rustigheid, op 'n filmstel was. Baie spesiaal!"
"Rustige Karoodorpie bied ideale wegbreek van woel, gejaag en stres van die moderne samelewing."