Verified Reviews
Middelburg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Middelburg
Rated 3.5 out of 5 based on 267 reviews.
"I love the Karoo and Middelburg is always running in my veins. The place reminds me of many memories. Its sunny skies in summer and the camping sites found around the place. This place is composed of a society that strives to make things better for all. Last but not least, the borehole water crowns it all."
"Die Oos-Kaapse platteland ervaar die impak van ontvolking en ekonomiese druk. Ek hoop dat die inwoners 'n manier sal vind om saam te staan en die verval van die sentrale dorpsgedeelte teen te staan. Dit is 'n pragtige dorp wat verdien om bewaar te word! "
"Skatkis van historiese geboue. Baie jammer daar word nie baie waarde aan geheg nie."
"Dis die perfekte oornagplek as jy vanaf die Vrystaat na die Oos-Kaap of Wes-Kaap reis. Die roete is pragtig en die paaie uitstekend."
"Daar is baie besienswaardighede vir diegene wat genoeg tyd tot sy beskikking het gedurende vakansietye."
"Nie 'n groot variasie eetplekke nie, maar die gehalte van die plek waar ons kon uiteet was baie goed. Ons het eintlik maar net oornag - geen ander behoeftes as toeriste gehad nie."
"Beautiful old houses, although a bit run-down, with gems of lovely guesthouses and lodge/restaurant if you know where to look. We'll surely visit again."
"Te veel mense wat rondloop en geld of kos vra. Maak mens ongemaklik voel en nie meer oorslaap op klein dorpies nie."
"Dit was goed om Middelburg om te ry, ons kon so die ergste verkeer omseil."
"Vrij saaie plek maar als je er tijd voor neemt blijkt de geschiedenis heel roerig te zijn dat zie je ook op de begraafplaats."
"Ek het Middelburg nie as toeris besoek nie, maar my 3 dae lange verblyf was aangenaam met hulpvaardige en vriendelike mense."
"Soos baie ander plattelandse dorpe sal die owerheid moet aandag skenk aan die infrastruktuur in Middelburg. Daar was nogal heelwat gate in die teerpad op pad na die gastehuis."
"Dis 'n lieflike plek om te oornag wanneer jy ook al van Bloemfontein of George ry om oor te bly."