Verified Reviews
Mossel Bay
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mossel Bay
Rated 4.8 out of 5 based on 3240 reviews.
Mossel Bay Golf Estate, Mossel Bay
Mossel Bay Golf Lodge"Mosselbaai Gholflandgoed is omring deur die berge en oseaan, en is 'n lus vir die oog. Boonop is daar geen perke aan die vriendelikheid van die personeel en inwoners nie! "
"Dit is ideaal vir vakansiegangers wat net will "lock up and go!" Die winkelsentrum is net om die draai, die reis strand toe is kort en die area is veiling en rustig. Ek sou se dis lekker sentraal."
Mossel Bay Golf Estate, Mossel Bay
Flat at Sea Self-catering"Pragtige goedversorgde huise. Baie mooi"
"Pragtige kuslyn! Ons was meer binne Danabaai wat alles aanbied as wat ons nodig gehad het vir 'n wegbrekie!"
"Die strand is pragtig en skoon. Ons kan nie wag om weer daar te gaan vakansie hou nie."
"Danabaai is pragtig en 'n stiller opsie as Mosselbaai. Net jammer die kinders kan nie in die see swem nie. Ons moes elke dag pak en ry vir die dag na Diazstrand of Hartenbos. Danabaai is 'n pragtige stil strand met lang staproetes langs die see. Ons het dolfyne en walwisse vanaf die stoep van Dux-'n-Biki gesien."
"Verkeer is 'n nagmerrie! Baie dinge om te doen in Mosselbaai, maar vat baie lank as gevolg van slegte verkeer! Dit voel asof die dorpie oorbewoon is en daar is net teveel mense tydens hoogseisoen. Daarom is Grootbrak 'n bietjie beter vir daardie regte vakansie-gevoel in die natuur. "
"Voorbaai is bietjie meer gerig op besigheid as toerisme, maar is baie goed geleë vir iemand wat graag in verskillende rigtings wil uitgaan en die omgewing geniet. Dalk ook vir 'n besigheidsbesoek."
"Mosselbaai is baie mooi met mooi strande en baie om te doen. Ons het Mosselbaai en die omliggende gebiede baie geniet. Sal dit aanbeveel vir almal om te beleef. Kan nie wag om terug te gaan nie."
"Dit is teleurstellend om te sien dat die roomyswinkeltjie op die strand nie oop is nie / of reeds toegemaak het vanaf die 2de Januarie. Die waterwurms was ook gedeeltelik toe vir herstelwerk - dit is nog vakansietyd. Almal wil nog voel asof die vakansie-atmosfeer daar is."
"Mosselbaai is naby 'n paar goeie strande en met die nuwe glybaanswembaan wat geopen het, is daar baie om te doen vir die kinders. "
"Alhoewel Danabaai nie veel vir toeriste bied nie, is Mosselbaai naby genoeg daarvoor."
Mossel Bay Golf Estate, Mossel Bay
Mossel Bay Golf Estate"Die gholfbaan is in 'n uitstekende toestand. Ek was mal oor die bokkies wat daar rondloop. "