Verified Reviews
Mossel Bay
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mossel Bay
Rated 4.8 out of 5 based on 2132 reviews.
"Lots of things to do and see around the area... Hartenbos, Botlierskop and Oudsthoorn Wildlife farms (to name a few) were our favorites. Some pretty great restaurants as well where you can have a real South African experience and culturally rich foods."
"Dit was my eerste besoek aan Mosselbaai. Dit is rerig so mooi soos wat almal my vertel het. Die enigste negatiewe kommentaar wat ek kan gee is al die boemelaars en dwelmverslaafdes wat jou irriteer veral in die aande. Ek het gesien hoe hul buitelandse toeriste vloek en met hul baklei as hul nie vir hulle geld wil gee nie. Ek dink nie dit skep 'n positiewe indruk van Suid-Afrika in die buiteland nie."
"Mosselbaai is prentjiemooi. Altyd 'n plesier om te besoek. Genoeg dinge om te doen, en mooi uitsigte oral."
"Fantastiese weer, heerlike eetplekke, vriendelike, hulpvaardige inwoners, maar die netheid en algemene toestand van die dorp, strande, strate ens. is prysenswaardig. Het laas in Europa sulke flukse werkspanne soos Mosselbaai s'n gesien sypaadjies en strate skoonvee. Geen wonder hulle is die top-dorp in die land nie!"
"Die mense is baie vriendelik. Dit is huis weg van jou huis. Dankie Mosselbaaiers."
"Kom al vir baie jare Hartenbos toe, vanaf ek self kleuter was. Beste bestemming vir vakansie."
"Ek het Mossebaai vir 'n deurgangsroete gebruik. Ek is seker dat indien mense 'n paar dae wil oorbly, dit ook 'n goeie opsie sal wees"
"Die dorp is skoon. Gerieflik, alles is bekombaar, mall net om die draai van alles. Die punt is wonderlik en rustig en om die branders en dolfyne en walvisse te sien, is 100% 'n gawe van Bo."
"Dit is 'n baie mooi plek met soveel strande om te besoek. Die mense is so vriendelik en behulpsaam om te help. Baie mooi plek."
"Ons het dit baie geniet. Die weer het nie saam gespeel nie, maar was baie lekker."
"Uitstekend! Dorp is pragtig skoon, vlak by George Lughawe en vriendelike, Afrikaanse omgewing."
"Die netheid van die dorp. Geen slegte paaie en veiligheid in die omgewing van Santos maak 'n vakansie die moeite werd. Genoeg lekker eetplekkies en heerlike staproetes. Mosselbaai die dorp van die jaar."
"City is very clean and the Dias Museum and St Blaize trail are excellent."
"Die mooiste en skoonste dorp. Winkelsentrums. Waterpark en soveel om jongspan mee besig te hou. Restaurante en kuierplek op strande."