Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mpumalanga
Rated 4.4 out of 5 based on 10162 reviews.
"Die paaie kort aandag en vir ’n gewone voertuig is dit byna onmoontlik om langs die rivier te ry. Die voertuie handhaaf nie die spoedgrens nie, veral in Swartwitpenspad en dit voel asof dit ’n snelweg is."
"Wakkerstroom is 'n sjarmante klein dorpie met baie ruimte en skoon lug. Dit is egter 'n klein dorpie en mens moet dit in jou beplanning in ag neem."
"Nader aan die Kruger kan mens nie. Wonderlik, rustig, en sielverkwikkend."
"Kort beslis 'n ordentlike slaghuis. Spar se vleis het nie goed gelyk nie."
"Dullstroom is 'n wonderlike wegbreekplek. Mooi eetplekke, koffiewinkels, ens. Met ons aankoms het die regering weer drankverbod ingestel wat die totale atmosfeer bederf het. Restaurante was leeg. Verblyf baie goed, maar dorp stil."
"Gerieflik geleë naby Komatipoort en die Krugerwildtuinn. Verskeie diere loop vry rond tussen die eenhede. Alles wat mens benodig is beskikbaar."
"Mense strooi te veel papiere en drankbottels rond. Maar verder is dit ’n pragtige plek."
"Schoemanskloof is een van die mooiste dele van ons land. Kan regtig meer tyd daar spandeer."
"Goed geleë vir 'n besoek aan al die omliggende besienswaardighede."
"Ons het Wakkerstroom besoek met die uitsluitlike oogmerk om voëls te kyk. Dit is 'n interessante plattelandse dorpie."
"Thank you for a great stay. I would love to visit it again and stay for longer so that I could explore the area more. I felt at peace and rested well. Everything was a pleasure."
"Dis n baie lekker vakansiedorp in die bos! Genoeg om oud en jonk tevrede te hou!"
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
37 @ Alibama"Ons het die Sondag na Die Kaapse Hoop gery en daar ontspan en heerlike pannekoek geniet. Baie lekker. My dogter was gaande oor die perde wat orals rondgeloop het. Ons het ook 'n heerlike ete in 'n Spur geniet wat letterlik net 'n blok of twee van die gastehuis af geleë is."
"Ons was daar oor 'n Maandag en Dinsdag en alles was toe! Hier en daar was winkeltjies oop en het dit vreeslik geniet."
"Loads of game to view, shops stocked with all necessities and the restaurant inside the caravan park is a must visit."
"Sal dit ongetwyfeld aanbeveel! Ons sal definitief eerder daar gaan oornag sou ons weer daardie kant toe reis. "