Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mpumalanga
Rated 4.4 out of 5 based on 10162 reviews.
"Beveel Amazing River View aan vir heerlike steak en ons was bevoorreg om leeus te hoor brul in nag, wat 'n belewenis was. Sal weer gaan vakansie hou in Marloth Park."
"Paaie vol slaggate en moet liewer nie met 'n gewone voertuig aangedurf word nie. "
"Daar is definitief 'n te kort aan ordentlike super markte soos 'n Spar of 'n klein Pick 'n Pay wat ordentlike vleispakkies verpak en verkoop. Ons moes terugry Belfast toe om vleis te koop by 'n Spar aangesien die dorp se enigste slaghuis nie veel van keuses gehad het nie en die Supermark se vleis nie baie goed vertoon het nie. Andersins sal die dorpie definitief 5 sterre kry, so koop eerder jou eie vleis indien jy besluit jy wil oornag en braai."
"Die teerpaaie van die omgewing (pad tussen Sabie en Hazyview en pad tussen Hazyview en Graskop) is in 'n slegte kondisie. Motoriste moet plek-plek selfs in die teenoorgestelde verkeer se baan ry om groot slaggate mis te ry. Besoekers aan hierdie omgewing moet bedag wees daarop."
"Wakkerstroom is 'n pragtige klein plattelandse dorpie in een van die mooiste dele van ons land, Suid-Afrika!"
"I would recommend this place as one of the most different beautiful pristine forest camp resorts with all facilities."