Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mpumalanga
Rated 4.4 out of 5 based on 10162 reviews.
"Ik vind het een heerlijk park en fijn dat er zoveel dieren zijn die je van dichtbij kunt zien. Fijn ook dat je echt aan het krugerpark zit. Alleen vind ik het niet schoon, veel troep en afval in het park en dat kan nooit goed zijn voor de dieren. Maar ik ga zeker nog een keer terug! "
"Daar is soveel van die omliggende dorpe soos Graskop en Lydenburg waar die strate en algemene toestand 'n skande is. Hazyview was anders, oor die algemeen goed versorg, en daar is 'n paar goeie winkels in die omgewing. Hulle bied ook heelwat ander aktiwiteite aan. "
"Dit is die plek waar jy wil wees wanneer jy rustigheid en naby die natuuur wil wees."
"Ons het baie veilig gevoel en al die geriewe is lekker naby! Sal dit beslis aanbeveel! Dankie dat ons Marloth Park kon deel!"
"There is no place on earth like it that I know of. Should be on every bush lovers bucket list. Amazing experience."
"We have friends from Namibia that like to visit the KNP and especially the stop at Dullstroom to visit Harrie's Pancakes."
"Dis lekker vir 'n naweekwegbreek. Harrie's Pancakes het die lekkerste tradisionele ontbyt!"
"Die paaie in en om Witrivier is nie wonderlik nie. Hoofstraat knap, veral as motors geparkeer staan. Pad Numbi-hek toe skrikwekkend. Kan nie glo hul verwag buitelandse toeriste moet daarlangs ry nie."
"Ek is mal oor Dullstroom, ek en my man wil daar gaan aftree. Gunsteling gunsteling."
"Dit was my eerste besoek aan Marloth Park en dit gaan definitief nie die laaste besoek wees nie, die omgewing is pragtig en vreeslik rustig."
"Klein dorpie met lekker eetplekkies. Netjies en stil, net jammer oor die slaggate in die strate, maar werk alreeds aan die gang om reg te maak. Lekker naby aan die besienswaardighede op die Panorama-roete."
"Was drie jaar laas in Sabie, en alhoewel dit die mooiste natuurskoon het, en sentraal geleë is vir allerlei buitemuurse aktiwitiete en ontdekking, het die dorp ongelukkig (paaie en sypaadjies) aansienlik agteruitgegaan weens swak munisipale bestuur. Dit sal sekerlik 'n negatiewe uitwerking op toerisme hê."
"Baie goed. Aangename plek vir toerste baie goeie eetplekkies. NABY BAIE BESONDERSE NATUURWONDERS EN BESOEKPLEKKE."
"Marloth Park is asemrowend, ek het dit terdeë geniet. Definitief 'n familie-bestemming."
"Secunda is 'n ontwikkelende dorp met heelwat nuwe geleenthede en attraksies. 'n Rit na Bethal is beslis die moeite werd."