Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mpumalanga
Rated 4.4 out of 5 based on 10162 reviews.
"Graskop, die dorpie self is pragtig - net jammer daar is geen Wimpy of Spur nie, gelukkig is Sabie nie te ver. Uitstekend geleë vir al die besienswaardighede in die omgewing."
"Baie pragtige oord. Sekuriteit van hoogstaande gehalte. Die diere in die kamp dra by tot 'n ongelooflike tydperk. Sal beslis weer by Marloth Park tuisgaan!"
"Ons probeer nie eers meer akkommodasie in die Kruger Wildtuin bespreek nie - Marloth Park is meer bekostigbaar, enkele minute van die Krokodilbrug hek af, en pragtig. Dit bied ons ook die keuse om ons vakansie op te breek deur dae in die wildtuin af te wissel met ander uitstappies en luilekker dae in Marloth Park (wat 'n put-put baan, groot klimraam, lekker restaurant en swembad het, asook die geleentheid om diere te sien enige tyd wat jy gaan stap of ry in die area). 'n Paar winkels bevat alles wat jy nodig het vir 'n paar dae weg van die huis."
"Baie mooi, vreeslik geniet met al die diere en die mense is ongelooflik vriendelik."
"Dullstroom is 'n pragtige plek. Natuurskoon is asemrowend mooi, en die winkeltjies bied 'n groot verskeidenheid. Bird of prey sentrum 'n absolute moet om Te besoek. Sal definitief weer in Dullstroom gaan kuier. "
"Interessante winkels om te bekyk. Meer as genoeg eetplekke om van te kies. Die strate tussen die huise is net bietjie baie klipperig!"
"Baie rustig plattelandse bestemming naby Krugerwildtuin aan baie ander wegbreekplekke. Laeveldse atmosfeer maak dit uiters aantreklik en baie om te doen in die omgewing."
"Ons geniet dit om Dullstroom te besoek en het weer daar tuis gegaan in Peace Corner. Baie lekker verblyf en veilige parkering. Baie oulike restaurant en winkels."
"Klimaat in Witrivier altyd koeler. Meer plattelandse effek. Baie mooi dorp. Allerhande toeristebesienswaardighede in omgewing. Baie naby aan Wildtuin om as dagbesoeker te kan ingaan. Witrivier is aan te bevele."
"Pragtige wêreld wat almal moet besoek. Baie mooi goedjies om te koop en lekker plekkies om te eet en te kuier."
"Die omgewing is pragtig. Meer mense behoort dit te kies as vakansie-/langnaweekbestemming."
"Ons het die hele omgewing platgery en die "woud was vir my een van die hoogtepunte. Dit was onweer en mistig en dit het soos 'n sprokieparadys gelyk. Graskop is sentraal geleë t.o.v. al die mooiste plekkies in die laeveld. "
"'n Voorstel dat Mpumalanga toerisme, en die paar ander wat die besienswaardighede reguleer, asseblief saamspan en 'n opsie daarstel van 'n enkele "permit" wat die voertuig en aantal persone by AL die uitsigpunte en watervalle toelaat. As dit vir 'n week of twee geldig is, sal dit die betaalpunte by elke uitsigpunt vermy/verminder."