Verified Reviews
North Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in North Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 3234 reviews.
"Ons het meer van Salt Rock en Thompsons Bay se strande gebruik gemaak en slegs een maal Williards - dit was egter 'n lekker strand met goeie sekuriteit en opgeleide lewensredders."
"Interesting place to visit on holidays, it's quiet with nice views and not packed beach."
"Dis 'n lekker swemstrand. Die grootste probleem is net dat mens nie eers 'n bier mag drink nie, maar die plaaslike mense was heerlik dronk op die strand en rumoerig! So hoekom mag hulle drank in vat en drink. Mens word so opgepas en word ten minste 'n halfuur voor toemaak tyd van die strand weggejaag. Terwyl die res nie eers aangespreek word nie."
"Ons is mal oor dit, no 1 vir weggaan was nog altyd St Lucia vir ons gesin."
"Baie bly om te sien hulle is so streng as dit kom by alkohol, nou nog net die rommelstrooiers vasvat. Die diere is in goeie kondisie en voorwaar iets om te sien."
"There are nice beaches all over in Ballito, I wouldn't specify Willard's beach only, Promenade is a precious! Needs more shops and Dischem in a walking distance around, more infrastructure, public transport for tourists absolutely necessary!"
"Daar is orals borde op in St Lucia "Keep St Lucia clean " hulle moet dit ook net toepas op die inwoners daar, na 'n naweek daar met die inwoners lyk die plek naar."
"Uitstekende vakansiebestemming. Veiligheid is tops, personeel is vriendelik en die hele Zimbali is 'n pragtig natuurskone bestemming."
"Die strande kort plekkies waar jy iets kan koop om te eet en te drink, maar verder was die dorp baie skoon en netjies, asook die strande."
"Al die strande is weggespoel. Net die hoofstrand, maar daar kan jy nie op 'n besige dag beweeg nie."
"Ballito bied 'n groot verskeidenheid van dinge om te doen en plekke om te besoek - daar is iets vir elke saak."
"Beste restaurant is beslis The Lighthouse. Slegste Restaurant - Leatherbacks by Sodwana Bay Lodge was baie teleurstellend!"
"Pragtig en 'n absolute moet-sien en beleef. Die bootrit op die meer was 'n belewenis. Pragtige strande. Die daguitstappie na Cape Vidal was onvergeetlik. Kon net nie suksesvol visvang vanaf strand nie. Sal beslis binnekort weer probeer en St. Lucia besoek."
"Rustige, pragtige natuur en skoon omgewing. Strand en see silwerskoon en mooi."