Verified Reviews
North Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in North Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 3232 reviews.
"Wonderlike plek om vakansie te hou. Die beste in KwaZulu-Natal in my opinie. Ek sal nie weer na die suidkus of 'n ander plek op die noordkus gaan nie. Ballito is amazing."
"Restaurante sluit op 'n vrydagaand alreeds 9uur, so nie 'n kuier bestemming nie. Wel kan ek Alfredo's aanbeveel, dit was die enigste restaurant wat ons nog kos wou gee ná 9uur. Was baie dankbaar!"
"'n Kleine juweel van 'n dorpie vasgevang in tyd en wegggesteek vir bewaring - hoe 'n plattelandse kusdorpie behoort te lyk met al die prag en mooi van gister. Tans nog geen tieners op klein motorfietse in die strate en smouse sowel as straatverkopers in gehuggies. Taxis en leeglêers bleik onbekend te wees. Hier kan 'n mens nog asem haal in die natuurskoon!"
"Ons was so 6 jaar gelede hier en was nogals geskok om te sien hoeveel restaurante staan nou leeg in Meer en See waar daar altyd sulke oulike plekke was. Die sypaadjies is slordig met lang gras maar dis ook so selfs in ons tuisdorp waar munisipaliteite nie meer skoon maak soos verwag word nie. Ons sal wel hier kan kom deel neem aan hengelkompetisies maar glo nie ons sal weer hier kom vakansie hou nie."
"Die vakansieganger moet weet dit is nie soos in die vroeë 80's nie, die gebied word baie swak bestuur deur die munisipaliteit en meer aandag kan daaraan geskenk word. Bv. paaie is toegegroei op plekke en die meer-area is deurtrek van die riete. Daadwerklike aksie moet geneem word om die strand-area weer oop te kry, dis al 'n gesukkel van 1985 af."
"Hluhluwe is 'n heerlike bestemming met heelwat verskillende aktiwiteite om aan deel te neem."
"Ballito buitengewoon skoon en strande netjies. Oorgenoeg uitstaande eet- en kuierplekke. Mens kan met 'n geruste hart Ballito besoek."
"Sad that the estuary is messed up from the floods. Chilled and laid-back atmosphere - love it!"
"Meerensee is 'n baie mooi vakansiebestemming en naby St. Lucia geleë vir dagbesoeke en verkenning."
"Ons het die klein snuisterywinkeltjies geniet. Die roomysplekke op hoofstrand was nie altyd oop nie."
"Beurtkrag help ook nie. Dis te warm wanneer the lugversorging in die nag afgaan, of wanner die krag "trip" weens elektriese instandhoudingsprobleme!"
"Trust me, location is perfect. What you see is what you get. Best place if you want to get peace of mind."
"Beurtkrag speel nadelige demp op verblyf en kosvoorbereiding, gelukkig verskeie eetplekke naby."
"The town has challenges, for sure. But one can still enjoy good food and the odd hippo on the road in the middle of town."
"It will be great when the estuary mouth opens completely and the town can once again become a haven for fishermen and local tourists."