Verified Reviews
North Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in North Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 3232 reviews.
"Vanaf die N2 (Salt Rock afrit) is daar heelwat bouwerk aan pad en wooneenhede wat baie fokus op die pad en veiligheid vereis."
"Ballito is bedrywiger as wat ek gedink het. Swemstrand is nie baie goed nie. Baie rotse. Baie goed versorgde strande. Lang prominade vir lekker stap langs die see. Ons verkies steeds die Suidkus."
"Ballito is op 'n baie hoë standaard sover, wat die omgewing en veral swemstrande betref. 'n Mens voel veilig en die inwoners is altyd vriendelik. Die promenade op die voorstrande is 'n treffer. Sal definitief weer kom en vir ander aanbeveel."
"Baie lekker plek om vakansie te hou. Heerlike restaurante en Taylors Meat, Science of Coffee en Hops is van die beste plekke wat uiteet, vleis- en koffiekoop aanbetref."
"Dis 'n baie mooi woongebied en ons sal enige tyd weer daar vakansie hou. "
"Absoluut 'n moet vir voëlkykers. Ons het 205 soorte spesies gekry. Cape Vidal-besoeke is asemrowend. St Lucia is ons Suid-Afrikaners se trots. Riviertoere is 'n moet vir vakansiegangers."
"Skoon dorp met asemrowende natuurskoon. iSimangaliso Natuurreservaat is 'n moet-sien op die agenda."
"Mooi en skoon strandjies met baie rotse. Nie die beste plek vir vakansie as jy sukkel om te loop nie. Heerlike eetplekke."
"Williard's Beach is uitgewas met die getye saam, so die gevolg is jy swem op die rotse en die branders slaan kwaai. Wees gewaarsku dat daar skerp rotse is wat jou voete sny. Die seewater is egter heerlik warm. "
"Many of the swimming beaches/ Blue Flag beaches are too far away, and way too many tolls made the beach days unnecessarily expensive. Add at least an extra R300 in cost (each day) to the holiday tally. Eventually this added up to an additional R3000 in purchases for the duration of our ten day getaway."
"St Lucia is 'n baie lekker en mooi dorpie. Daar is baie om te doen. Lekker vakansiebestemming. Cape Videl is 'n baie mooi en lekker strand."