Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 8189 reviews.
"Die dorp is vuil en die inwoners waarsku jou teen motordiefstal en inbrake. Nie die veiligste bestemming nie."
"Maak seker dat jy reeds jou inkopies gedoen het in 'n ander dorp as jy op 'n Sondagmiddag aankom. Slegs paar kafees oop gekry vir ys en koeldrank."
"Het eintlik 'n interessante geskiedenis en 'n mens behoort langer as 'n nag oor te bly."
"Natuurlik beleef 'n mens die verskriklike armoede en werkloosheid in die dorp en kinders wat rond beweeg in die strate op soek na voedsel."
"Bekoorlike dorpie, eerste keer dat ons daar oorslaap. Ons is gek oor die ou geboue!"
"’n Skoon dorp, stil, vriendelike mense en kry rus vir jou siel na ’n lang dag op die pad."
"Eet gerus die skaap tjops by die Blou Naartjie. Vir ons was Calvinia slegs 'n oorbly plek op pad na die Cederberge maar dit lyk of daar 'n paar goed in en om die dorp is om te doen veral in blommetyd."
"Loved my off the beaten track on the Karoo Highlands Route from Cape Town to Bloemfontein. The landscapes were gorgeous!"
"Ons het Upington ongelooflik geniet! Ons het by die Red Ox geëet, wat 'n ongelooflike restaurant is! Ek kan River Manor en die Red Ox met groot vrymoedigheid aanbeveel. Dit is vyfster gehalte."
"Mooi ou plekkie, bly net weg van die onbevoegde Spar wat nie vir jou kos kan verkoop wat jy wil hê nie want dis nie op die rekenaar nie. Belaglik, ek wou een gewone Russian en een kaas Russian hê maar ek moet leë hande uitloop en kos op ander plek gaan koop."
"Die omgewing was pragtig, veral die reis na Calvinia. Oral langs die pad en in die veld was kleurspatsesl van veldblomme al was dit diep in Oktober. Dit moes wonderlik gewees het in die blommetyd. Ons het lekker lamsvleis en biltong by die slaghuis gekoop."
"Die mense is vriendelik in Upington en selfs vreemdes groet vriendelik. Almal praat in my moedertaal. Mense is ook baie hulpvaardig."
"Nee veel te doen in Hanover nie, maar mooi uitsigte as jy die koppie uitklim."
"Goed geleë vir oornagstop. Goeie restaurante. Besoek gerus die slaghuis vir die beste biltong en droëwors."
"'n Oase-dorpie waar 'n mens weer jouself kan vind en besef waaroor die lewe eindelik gaan."