Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 8189 reviews.
"Hanover is gerieflik in die middel tussen Johannesburg en Kaapstad geleë. Die dorp is jammerlik verwaarloos. Mense is vriendelik en behulpsaam."
"Halfpadmerk vir ons Kaap toe en sal altyd daar oornag enn verseker weer by Colesview Guest House."
"Weereens 'n wonderlike plek in ons land. Elke deel van ons land het soveel bekoring en elke deel is uniek op sy manier."
"Lekker plek, met lekker mense! Port Nolloth kort net meer toeriste besienswaardighede."
"Dorp is netjies en skoon. Nie regtig tyd gehad om die dorp te verken nie, maar het veilig gevoel terwyl ons rondgestap het en 'n paar winkels besoek het. Vriendelike mense."
"Baie bly dat ou historiese huisies in gebruik en onderhou word en die ou deel nie vernietig of ontsier word met lelike moderne geboue tussenin nie. Hoop die historiese area rondom die pragtige kerk sal altyd bewaar bly. Die ou stasie gebou en skuur is ook onontginde potensiaal vir 'n kuiermark bv handewerk van plaaslike inwoners."
"Mooi halfpad merk Kaap toe, ou dorp met 'n baie mooi kerk en lekker eetplekke."
"Indien jy aand ete wil eet, maak seker jy bespreek by die Kliphuisie, en maak seker wat dit jou gaan kos en wat jy gaan kry om verassings te voorkom. "
"Die dorp is netjies en skoon en ons het geen bedelaars ondervind nie. Die Blou Nartjie restaurant was puik keuse vir aandete."
"Reisigers word aangemoedig om die klein dorpe te besoek. Dit sal die dorpe finansieel ondersteun en boonop sal die dorpe verken kan word teen baie billike pryse."
"Tipiese Karoo-dorp met werkloosheid, kinders wat bedel vir geld. Maar bly mooi dorp met lekker vibe."
"Calvinia is a typical small Karoo town with wonderful people serving in the shops. The street beggars (School kids) are insistent and unpleasant. There is poverty evident."
"Die dorp is in die blommekyk tyd sentraal geleë. Ons het selfs nou plate vygies langs die pad tussen Nieuwoudtville en Calvinia gesien. Daar is 'n paar uitstekende restaurante soos Die Blou Nartjie en Die Hantamhuis in die dorp."