Geverifieerde Resensie
Northern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 8180 resensies.
"Colesberg het sulke mooi geboue en historiese plekke om te sien sal graag weer daar wil gaan kuier."
"Britstown is ideaal vir 'n oornagstop en dit is halfpad tussen Johannesburg en die Weskus. "
"Heerlike plek om te ontspan en die beeldskone-area te geniet. Die rustigheid vanself. "
"Baie teleurstellend. Wou na die Oog toe gaan, maar dit is 'n absolute nes. Gras is lank. Leë drankbottels lê gesaai op die gras en van wat ons vanuit die motor kon sien is dit baie vuil. Daar is ook borde op wat jou waarsku dat dit 'n gevaarlike plek is. As iets nie drasties gaan verander nie, gaan Kuruman as 'n toeristebestemming van die kaart afval. "
"Oulike plek. 'n Besoek aan die watervalle 'n moet. Ek dink net die Pienk Padstal is bietjie overrated."
"Nie baie te doen vir kinders nie, maar vir ons as reisigers wat die Weskus getoer het was dit die ideale bestemming vir 3 dae en definitief aan te beveel."
"Weet nie regtig wat daar aangaan nie, het laatmiddag daar aangekom en baie vroeg gery, so het geen toeriste-aktiwiteite gedoen of gesoek nie."
"Ons is lief vir die Karoo-dorpe soos Victoria-Wes. Meestal is hulle skoon en netjies. Die vars lug en sterrehemel is lieflik. Het ook bonus van 'n Karoo-reëntjie gehad!"
"Pragtige dorp, nooit geweet dit is so mooi daar nie. Dink net ons moet meer betrokke raak om ons medemens te help in die droogte wat die boere naasliggende aan Calvinia beleef. Verder sal ons beslis weer daardeur toer en mense aanraai om daar te stop."
"Alhoewel daar heelwat ou geboue is, is dit kommerwekkend dat die middedorp agteruitgaan. Strate was nie skoon nie en daar was besope mense op sypaadjies. Dit mag moontlik te make wees met die feestyd wat ons in dorp oornag het."
"Colesberg is 'n lifesaver dorpie vir oornag vir die langafstand travel sodat reisiger kan ontspan voor die ver pad weer aangepak kan word Oos- of Wes-Kaap toe."
"There is little to do and it is not an attractive town. The town feels very run down intermixed with a few well maintained gems, like Skulpieskraal Tented Camp and Rooi Spinnekop."