Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 9684 reviews.
"Wonderlike boekdorpie. Ons het eintlik net deurgereis, maar kon die laatmiddag deur die dorpie stap. Sal vir seker weer daar wil stop vir langer."
"Noord-Kaap as toeristebestemming is onderwaardeer, sal beslis terugkom nader aan Lentetyd."
"Kuruman is oor die algemeen 'n vuil dorp met Rommel wat oral in die strate rondlê."
"Port Nolloth is a baie sjarmante kusdorp met 'n groot positiewe charisma. Almal is akkommoderend en baie vriendelik. Die seekos by Nemo's is baie lekker; die strand is wonderlik. All in all baie lekker en ons is van plan om volgende jaar terug te kom tydens ons toer."
"Pragtige dorpie. Baie interessante toer gehad by die Apollo-teater. Ek hoop hierdie dorpie kan weer heeltemal herskep word om weer die hele dorpie nuwe lewe te gee. Só 'n stukkie oase. "
"The place to be if you want peace or just a place to stay over on your trip somewhere else."
"Richmond is baie interessant, spesifiek die dorpsmuseum. Die MAPSA-uitstalling ─ moet dit nie misloop nie. "
"Mens moet eenvoudig 'n paar dae of weke oorbly in die Groen Kalahari na 'n besoek aan Namibië en die droë streke van die Noord-Kaap, Knersvlakte, Kgalagadi en die eensame Weskus. "
"Nie eintlik tyd gehad om rond te kyk nie, maar sal baie graag wil teruggaan en meer tyd spandeer."
"Dit is 'n oulike plattelandse dorpie wat die meeste mense net verby ry. Ek beveel aan mense moet moeite doen en in die dorp in ry. Daar is baie oulike eetplekke ens. "
"As jy dalk met minder tevrede is sal dit werk. Daar was maar laat aande mense wat geraas het dan kon jy nie slaap nie."
"'n Oudtydse kusdorpie wat as oorstaan plek op pad na Richtersveld en Namibië ideaal geleë is. Die koel seelug is 'n lafenis ná die dorre Noord-Kaap en kan gerus vir 'n paar dae by 'n lang reis ingesluit word. "
"Was in Keimoes saam met my liefie wat daar gebore is. Dit was amazing."