Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 8189 reviews.
"Would recommend this guesthouse without hesitation. It is right near the falls, and really a wonderful experience."
"Hierdie Karoodorpie is totaal onderskat. Die mense is van die vriendelikste in die wêreld en die dorp is netjies en daar is so baie bome dat dit soos 'n oase lyk. Die kerk is een van die mooiste geboue wat ons nog in al die dorpe gesien het en die inwoners van die dorp is woelig en betrokke. "
"Dis in die Hantam geleë. Jammer dat daar tans ernstige droogte heers. Daar is verskeie besienswaardighede en die toeris sal lekker kuier. Die mense is vriendelik en gasvry en gaan uit hulle pad om jou tuis te laat voel."
"Strate word herstel en die dorp is skoon. Dis 'n stil dorp en dit moet heerlik wees om hier te woon."
"Baie groter as wat ek gedink het Springbok is. Die dorp het moderne besighede en is binne bereik geleë. Rondom Springbok is klein plekkies wat toeriste beslis kan besoek.Nababeep."
"Baie vriendelike en behulpsame mense, ek het dit regtig geniet om daar oor te bly."
"Pad na Hondeklipbaai is 56 km op n sinkplaatgrondpad. Nie te lekker vir kleiner voertuie nie. Skeepswrakke en lighuise iets om te sien. Kos by Rooi Spinnekop Restaurant en Dop en Kreef die beste. "
"Te laat daar gekom om werklik te beleef. Britstown is egter lekker in die middel geleë tussen PTA en die Kaap."
"Small very clean town. Warm and friendly people. Just what some one need to escape from every day busy lifestyle. "
"Baie skoon dorp en het baie historiese geboue. Goeie restaurante en baie lekker geëet by Plattelander restaurant."
"Ons sal weer gaan, sal dophou en as die Augrabies in vloed is, sal ons dadelik gaan."
"Baie sentraal geleë vir blommekyk, maar 'n baie klein, rustige dorpie met niks te doen, behalwe om die natuur in die omgewing te geniet nie."
"Beslis op enige Suid Afrikaner se besliste besoeklys. Die mense se vriendelikheid is 'n riem onder die hart."