Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 8189 reviews.
"Ons het die valle met al sy geriewe, die nagrut in park, die ontsaglike vriendelike mense in die park vreeslik geniet. Die gemeenskap met winkels, kelders ens. was kosbaar. Groen Kalahari was 'n groot voorreg. "
"Baie stil en rustige plekkie. Gee jou die atmosfeer van 'n ou dorpie. Mense baie vriendelik en behulpsaam."
"Selfs buite seisoen is Springbok 'n pragtige omgewing. Die witkruisarende (wat die motivering vir Arendsnest se naam is) was 'n aangename verrassing! Ek kuier graag weer in Springbok."
"Hele paar kinders wat vra vir geld waarookal jy gaan (ons het 'n entjie gaan stap deur die dorp), en locals wat rond staan en niks doen nie laat mens effens onveilig voel, maar geen probleme ervaar nie."
"Altyd lekker om daar oor te slaap. Uitstekende restaurante. Vriendelike inwoners."
"Onveilig in dorp, maar vriendelike mense en baie aangename Spur help nogal."
"Die dorp self bied nie so baie soos die ander 2 nie, maar die omgewing is mooi en daar is die nuwe Meerkatprojek en ons is lief vir voëls kyk en is ryklik beloon met 3 Witkruisarende Geelbekeende, Kopereende Rooipoot Elsies ens."
"Dorp het baie agteruit gegaan vandat ek laas daar was. Baie jammer want dit is oulike dorp. "
"Dit was vir ons interessant om Colesberg te sien en te beleef. Die tyd was net te kort om werklik te kan kommentaar lewer as toeristebestemming aangesien ons bloot oorgeslaap het."
"Klein dorpie, maar die ligging naby aan die Kgalagadi park maak dit 'n goeie oorblyplek vir die wat nie self binne die park kan bly nie."
"Springbok is regtig 'n juweel in Namakwaland, mense is almal baie vriendelik en behulpsaam met aanwysings en aanbeveling vir eetplekke en enige navrae. Daar is meer as net klip en sand in Sprinbok. 'n Mooi natuurskoon, anders en dit baie geniet. "