Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 8189 reviews.
"Klein, eg-Karoo dorpie. Vriendelik en veilig. Mooi sonsondergang. Rustige platteland."
"Die baby geleë Augrabiese waterval mag jy nie mis nie! En 'n handige oornagting onderweg na Kgalagadi."
"Pragtige ou dorpie, net jammer van die rommel, plastieksakkies ens. wat ons maar oral in ons mooi land sien."
"Die dorp sukkel maar soos al die dorpe in die platteland en dis sigbaar. Die dorp kom effe onversorgd voor, hoewel die strate skoon was."
"Daar is baie plekke om te besoek en baie te sien, nie net wanneer daar blomme is nie."
"Behalwe vir enkele gastehuise en plaasverblyf (soos Rondawel), lyk die res van die dorpie maar ietwat "moeg en vervalle", niks in die dorp wat my sal lok om daar in te draai nie."
"Onthou die Augrabies Watervalle, Kakamas, Riemvasmaak is nie ver vanaf Keimoes nie."
"Onverwagse juweel gevind. Was beslis nie my laaste besoek aan daardie omgewing nie."
"Calvinia bestaan uit baie ou historiese geboue wat goed onderhou word. Die dorpie het genoeg winkels waar jy jou koskas weer kan aanvul. Daar is ook twee goeie restaurante om by te gaan eet."
"Dis uniek, gasvry en vir seker nie die stad nie. Daar is 'n rustigheid wat mens sommer kan aanvoel. "
"Dorp lyk maar vuil en verwaarloos. Die Oog is teleurstellend - vuil en onversorg!"