Verified Reviews
Oudtshoorn
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Oudtshoorn
Rated 4.6 out of 5 based on 1685 reviews.
"Baie rustige dorp waar mense vriendelik en behulpsam is. Oulike eetplekke met baie redelike pryse."
"Baie om te doen. Beplan jou dag, baie toeriste-aantreklikhede. Maak seker jy besoek die waterval by Rust en Vrede."
"Ek kuier al vir 30 jaar in Oudtshoorn. Hoop ek sal dit vir nog 30 jaar kan doen."
"Oudtshoorn is a lovely place to visit. It is about 22 km from the wonder of the Cango Caves, a place that I will recommend you visit. It is also close to a crocodile farm that surprisingly also has many beautiful birds. I will also recommend you visit the Smits Store for all your gifts. The coffee shop is also great."
"Daar is baie te sien en doen, maar die hitte is net te erg. Sal eerder in die herfs of lente daarheen gaan."
"Daar is ongelooflik baie dinge om te doen en sien in en om Oudtshoorn. Dis werklik die moeite werd om daardie omgewing te besoek."
"Ons het die Kango-grotte en Cango Wildlife Reserve besoek en beide was wêreldklas! Ek is net jammer ons kon nie langer bly nie!"
"Oudtshoorn is n heerlike sentrale plek om oor te bly, naby Knysna, Wildernes, Victoriabaai, George en net buite die dorp is daar baie attraksies vir toeriste. Bv die Kango-rotte en Wilgewandel asook volstruisplase en die inwoners daar is baie omgewingsbewus."
"Rust en Vrede waterval is ‘n moet al is dit bietjie ver uit die dorp. Karusa wyne is heerlik vir ‘n ligte middag ete. "
"Baie naby aan al die toeriste aantreklikhede en dis 'n pragtige en skoon dorp in 'n wonderlike omgewing. Al is dit droog is die natuurskoon absoluut pragtig. Baie dankie LekkeSlaap vir hierdie vakansie ons het dit waarlik geniet."