Verified Reviews
Overberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Overberg
Rated 4.6 out of 5 based on 6815 reviews.
"Ek sal ander toeriste aanbeveel om gerus hierdie plek te gaan besoek. Dis 'n baie rustige omgewing waar jy lekker kan rus en ontspan. "
"Bredasdorp is 'n stil dorp en nie regtig geskik vir toeriste wat van baie bedrywighede hou nie. Daar is 'n Skeepsmuseum maar as jy baie meer wil sien, moet jy bereid wees om te ry. Dit is 'n goeie plek as jy net van die stadsgejaag wil wegkom en wil rus."
"ideale plek as jy will wegbreek van die besige stadslewe en net wil rustig wees by die see."
"Dis 'n pragtige vallei met allerlei paaie om te verken! Ons het die heerlike pizza en wynproe by Highlands Road Estate baie geniet, asook die lekker ontbyt by Rojaal teekamer. Ons sal graag weer gaan."
"Elgin is mooi, stil en skoon met vars lig om in te asem. Pragtige plase."
"Aangename en baie interessante plek om te eksploreer, veral De Kelders en die hawens. Blue Room Restaurant uitstekend! My steak (Espetada) lekkerste wat ek in 5 jaar gehad het - 'dinner' daar die hoogtepunt van ons besoek."
"Beautiful plek en lekker stil, veral buite seisoen, perfek vir daai ontspanning wat ons na gesmag het! Franskraal is lekker naby aan Hermanus en Gansbaai wat altwee net so mooi is!"
"'n Mens hoef glad nie verveeld te wees by hierdie bestemming nie. Daar is baie om te doen en te sien in die onmiddellike omgewing."
"As jy natuur en klein dorpies geniet moet jy hier 'n draai maak. Daar is die pragtigste winkels en "Afraid of Mice" my insiens die mooiste op die dorp. Die restaurante bedien die heerlikste kos en daar is iets vir almal. Ry met 'n fiets deur die dorp en geniet tee en koek by die kwekery. Stap in die natuurreservaat. Glo my, 'n naweek is net te min om alles te doen."